It is the preoccupation with possessions, more than anything else, that prevents us from living freely and nobly.
Brandwag se eerste krieketspan het ’n derde agtereenvolgende tuisoorwinning opgestapel toe hulle Framesby met een paaltjie geklop het.
Framesby het eerste gekolf en was almal uit vir 167 na 45 beurte. John Olivier was Framesby se beste kolwer met 47 lopies. Ruan de Ridder het 24 aangeteken.
Vir Brandwag het Lyle Matola (3 vir 11 in 8 beurte) en De Wet Alberts (2 vir 38 in 9 beurte) met die bal uitgeblink.
Op die kolfblad het Brandwag 170 vir 8 na 43 beurte ingesamel. Daniel Smith (52) was die beste kolwer vir die tuisspan. Handré Viljoen (42) en Dano Swart (23) was ook handig met die kolf. Henrico Green (15) het die wenlopies geslaan.
Framesby se beste bouler was JP Snyman met 3 paaltjie vir 32 in 9 beurte.
Intussen het Brandwag ook vir Victoria Park met 51 lopies weg van die huis af verslaan.
Brandwag se matriekklas van 2018 het ‘n 100% slaagsyfer behaal. 88,1% van die 138 matrieks het toelating tot graadstudie verwerf. Die klasgemiddeld is 62%. Die matrieks het 138 A-simbole en vyf A-gemiddeldes opgelewer. 27 matrieks het B-gemiddeldes behaal. Brandwag se volledige matriekuitslae volg hieronder.
Die vyf toppresteerders is:
1 Chanri Strydom – 7 A’s & 90,4%
2 Kyla-Minette Steyn – 6 A’s & 88,2%
3 Ané Strydom – 6 A’s & 88,1%
4 Luan van Loggenberg – 6 A’s & 87%
5 Stefan Strydom – 6 A’s & 86%
Ouers kan rapporte Dinsdag, 4 Desember, van 6:30 tot 9:00 by die skool kom haal. Leerlinge kan ook gebruikte handboeke koop en verkoop. Lizaan Willemse van African Book Connection sal by die skool wees vir die koop en bestel van nuwe handboeke.
Kopieë van die skool se kalender vir 2019 sal ook beskikbaar wees.
Three grand essentials to happiness in this life are something to do, something to love, and something to hope for.
Moenie by die hemel gaan soek na die engele nie, soek by die engele na die hemel.