brandwag_grysgroen
brandwag_skoolwapen brandwag_skoolnaam


Melissa_Anderson_Website
agriculture
Wildplaas
brand_update
ADVERTEER_HIER_D
AKADEMIE TOP 3 IN KWARTAAL 1:
THOMAS

Gr.12: 1 Thomas Janse van Rensburg (links)91,17%; 2 Bernice Bronkhorst 90,83%; 3 Monique Lessing 83,83%. Gr.11: 1 Ronnie Strydom 95%; 2 Nandie Bartman 91%; 3 Carla Dodd 88,83%. Gr.10: 1 Emma Hayward 86%; 2 Llewellyn Janse van Rensburg 85,67%; 3 Karla Barnard 84,5%. Gr.9: 1 Elrike Hugo 94,44%; 2 Caro Swanepoel 92,56%; 3 Saskia Bubb 92,22%. Gr.8: 1 André Conradie 93,78%; 2 Ryan Moore 87,78%; 3 Cuyler Janse van Vuuren 87,67%.

NININE VAAR GOED IN UITHOURITTE
NININE_COLESBERG 'n Graad 12-leerder van Hoërskool Brandwag, Ninine Erasmus, het tydens die April-vakansie aan twee uithouritte deelgeneem en uitstekend gevaar. Die twee uithouritte is naby Colesberg gehou. In die eerste rit van 80km het Ninine en haar perd, Delmar Hassar, 'n algehele tweede plek behaal. Die volgende dag het sy 'n 120km-rit met haar perd Fidel voltooi en tweede in die junior afdeling geëindig. Ninine is tans die sewende gekeurde junior ruiter op Erasa (Suid-Afrika se nasionale vereniging vir uithouritte) se algehele keurlys oor alle afstande.
UNIKA WEN REDENAARS INTERLAERKOMPETISIE
Unika_redenaars_web Unika Schonken  van Retieflaer het Brandwag se interlaer redenaarskompetisie gewen deur die eerste plek in die seniorafdeling te behaal. Lurica Pasques van Kruger was in die tweede plek en Anli van Niekerk (ook van Retief) was derde. Retief het ook koning gekraai in die junior afdeling met Caro Swanepoel wat as die beste junior redenaar aangewys is.
COKE BRING FANTA VIR BHS
Fanta_deur_Coke Ter viering van Brandwag se stigtingsdag op 14 April en die skool se 75ste bestaansjaar het Coca Cola vir elke leerder 'n koeldrank gebring om tydens pouse te geniet. Op die foto links geniet Elmé van de Vyver en Nadine Truter hulle Fanta-koeldranke.
BRANDWAG KLOP MARLOW
Riaan_vs_Marlow Brandwag het op Marlow in 'n klipharde wedstryd 20-18 geklop. Die wedstryd het op 14 April plaasgevind wat gevier word as Brandwag se stigtingsdag. Albei spanne het op die dag twee drieë en 'n strafskop aangeteken. Die halftydtelling was 10-8 in Brandwag se guns. In die tweede helfte het Brandwag vir Marlow in sy eie gebied vasgepen en die voorsprong na 20-8 gerek voordat Marlow in die laaste kwart van die wedstryd indrukwekkend terug baklei het. Brandwag se drieë is deur vleuel Christo van Eeden en heelagter Romeo van Heerden gedruk.
1STE XV OORWELDIG MUIR
charl Brandwag se 1ste rugbyspan het Muir gemaklik 53-8 gewen. Brandwag het op Muir se tuisveld nege drieë teenoor Muir se een aangeteken. Brandwag se skakelpaar Mario Mowers (skrumskakel) en Malcolm Jaer (losskakel) was goed in beheer en het elk twee drieë gedruk. Muir, wat in die eerste helfte slegs 'n strafskop kon aanteken, het vroeg in die tweede helfte naby die hoekvlag gedruk. Brandwag se ander drieë is gedruk deur flank Anthony McDonald (twee), slot Ruan du Preez, vleuel Christo van Eeden en senter F-Jay Scholtz. Dit was merkwaardig dat McDonald twee drieë kon aanteken aangesien hy slegs die laaste tien minute van die wedstryd gespeel het weens 'n lastige sny op sy oogbank wat nog nie heeltemal gesond was nie.
1STE HOKKIE VERSLAAN HARVEST
hokkie_vs_harvest Brandwag se 1ste hokkiespan het in hulle eerste tuiswedstryd van die 2012-seisoen gemaklik 3-0 met Harvest klaargespeel. Die 1ste span het tydens die Aprilvakansie 'n hokkiekliniek by DF Malan in die Kaap bygewoon en het al talle oefenwedstryde agter die rug, maar die wedstryd teen Harvest was die span se eerste tuiswedstryd dié jaar. Die doele is deur Corlia Kruger, Corlia Rens en Alushka September aangeteken. Ongelukkig het onderkaptein Aimée Schady 'n ligamentbesering tydens die wedstryd opgedoen, wat weke gaan neem om te herstel. Intussen het talle Brandwaghokkiespelers aan sone- en provinsiale proewe deelgeneem.
PAWILJOENOPTREDE VIER 75STE
75_pawiljoen Brandwagters het op 25 April besoekers na hul asems laat snak met hul ongelooflike pawiljoenoptrede. Die choreografie is vir ongeveer twee weke onder leiding van Gavin Wright geoefen. Elke Brandwagter het soggens 7uur skool toe gekom en vir byna twee ure per dag geoefen aan wat eindelik 'n meesterlike vertoning was. Op die pawiljoen is simbole wat vir Brandwag van belang is, uitgebeeld. Verskillende prentjies en liedjies het skoolbedrywighede soos sport, kultuur, geloof en akademie uitgebeeld. 'n DVD van die vertoning word tans by die skool verkoop. Gaan na  www.youtube.com/BrandwagVideo om te sien hoe die oefeninge afgeloop het. Die pawiljoenoptrede is ter viering van Brandwag se 75ste bestaansjaar gehou.
DUISENDE GENIET ANIBRANDFEES
anibrand2012 Duisende mense het Brandwag se terrein besoek vir die 2012-Anibrandfees wat 'n groot sukses was. Die weer was albei feesdae heerlik en duisende mense het opgedaag om kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Jay, Lianie May, Heuwels Fantasties en Glaskas op die verhoog te sien. Die pretpark het ook baie kinders gelok. Die uitsig vanaf die Big Wheel was ongelooflik en daar was kos en inkopies om van te kies en te keur by die stalletjies. 
DONALD WEN BRANDWAGMYL
donald_en_lisa Brandwag vier vanjaar sy 75ste bestaansjaar en hou jaarliks ter viering van die skool se stigtingsdag op 14 April die Brandwagmyl. Die eerste leerders is op 25 Januarie 1937 by Brandwag ingeskryf, maar die skoolraad se amptelike goedkeuring vir stigting is op 14 April 1936 ontvang, wat is hoekom Brandwag dié dag as stigtingsdag vier. Die Brandwagmyl is 'n roete van 2.2km wat begin op die skool se S.J. Berghveld en om die skool loop tot terug op die veld waar die res van die leerders op die Andries Potgieterpawiljoen die deelnemers inwag. Vanjaar is die Brandwagmyl vir die tweede agtereenvolgende keer deur Donald Nel met 'n tyd van 6:11:06 gewen. Clinton Koeries was tweede en Adriaan Giliomee derde. Onder die meisies was Lisa Horn eerste oor die wenstreep met 'n tyd van 7:31:08. Andrea Voigt was tweede en Eldi van Wyk derde.
WELKOM BY BRANDWAG
 BHS_Aalwyn_2012_klein_b      

Brandwag

       is trots Afrikaans
is 'n akademiese hoërskool
bied 'n wye vakkeuse
is geleë in Uitenhage, Oos-Kaap
lewer jaarliks uitstekende matriekuitslae
blink uit op sport- en kultuurgebied
gee voorkeur aan akademie
beskik oor toegewyde personeel
is tradisievas
glo in Christelike waardes
 
OOR BRANDWAG

Die Hoërskool Brandwag is 'n Afrikaans-medium skool geleë in Uitenhage.  Brandwag is in die eerste plek 'n akademiese instelling, soos wat uitstekende matriekuitslae jaar na jaar bevestig. Die skool bied leerders 'n besondere wye vakkeuse. Toegewyde onderrigpersoneel help leerders om na die beste van hul vermoë te presteer in 'n omgewing waar akademie voorkeur geniet.

Brandwag bied ook op sport- en kultuurgebied allerlei geleenthede aan leerders. 'n Groot aantal aktiwiteite gee leerders verskeie opsies vir deelname, prestasie en pret. Jaarliks lewer Brandwagters uitstekende prestasies op sport- en kultuurgebied, waarvoor Brandwag wyd en syd bekend is. Prestasie is egter nie die enigste maatstaf van sukses vir die skool se buitemuurs nie. Wat leerders in lewenservaring en vreugde in kultuur en sport beleef, is iets wat elke deelnemer na die grootmenswêreld saam neem. 

Harde werk is die kern van die skool se sukses op soveel gebiede. Leerders leer by Brandwag wat dit beteken om besig en betrokke te wees. By Brandwag is daar nooit 'n vervelige oomblik nie. Verskeie tradisies leef al oor dekades in die skool voort. Oudleerders sal onder meer interlaeroptogte, koshuisbyname, saalbyeenkomste, big brags en die oorneem van die stoep nog erken soos wat dit huidiglik gedoen word. Die oorlewing van verskeie tradisies het 'n groot aandeel in die gees wat in die skool heers. Dit alles dra by tot 'n onvergeetlike hoërskoolervaring in Brandwag.

 
BRANDWAG VIER 75 JAAR IN 2012
       

75Logo_vir_Website

 
You Tube
Get Adobe Flash player
 
VOLG ONS OP YOUTUBE
Uploads by BrandwagVideo