Brandwag

  • is trots Afrikaans
  • is ´n akademiese hoërskool
  • bied ´n wye vakkeuse
  • is geleë in Uitenhage, Oos-Kaap
  • lewer jaarliks uitstekende matriekuitslae
  • blink uit op sport- en kultuurgebied
  • gee voorkeur aan akademie
  • beskik oor toegewyde personeel
  • is tradisievas
  • glo in Christelike waardes

Genius is initiative of fire.

Holbrook Jackson

Brandwag het ‘n geskiedkundige 80-0 oorwinning oor Hoërskool Despatch op die rugbyveld behaal. Brandwag het 14 onbeantwoorde drieë ingeryg – sewe in die eerste helfte en sewe in die tweede helfte.

Sterk rukkerige wind het stelskopwerk bemoeilik en Brandwag het met slegs 5 verdoelskoppe geslaag, anders kon die telling nog erger gewees het.

Brandwag se Cravenweek-flank het, Morney Moos, het ‘n driekuns aangeteken. Vleuel Davian Swanepoel het met twee drieë onder die belt die bal onselfsugtig vir Bernardus Coetzee aangegee wat vir die laaste drie oorgeduik het.

Die ander puntemakers was kaptein Stefan Janse van Vuuren (2), Armand Ferreira (2), Frank Fourie (2), Derick du Toit en Erich de Jager.


Brandwag se eerste netbalspan het 47-32 met hul eweknieë van Despatch afgereken. Alhoewel die wedstryd in die tweede kwart spannend was, het Brandwag mettertyd ‘n onuitwisbare voorsprong oor die skool van die buurdorp opgebou, wat gevorder het van 1 na 10 na 15 punte teen die einde van die wedstryd.

Op die foto spring een van Brandwag se twee SA-spelers, Robyn Titus, vir die bal.


Twee van Brandwag se OP-netbalspelers, wat ook vir die eerste netbalspan speel, is na afloop van ‘n nasionale byeenkoms op Margate in Julie vir die SA-Skole o.18-groep gekies. Robyn Titus speel senter vir Brandwag en Yolandé Willemse is hulpdoel.


Die kaptein van Brandwag se eerste netbalspan het netbalgeskiedenis te maak deur die eerste skolier in die land te word wat ‘n SA-gradering as skeidsregter verwerf het. Beane Weyers het vroeër vanjaar haar OP-gradering na OP “B” verbeter wat haar in staat gestel het om vir SA-gradering getoets te word. Sy het by ‘n nasionale netbaltoernooi by NMMU in Julie die toets ondergaan en ‘n SA “C”-gradering behaal.

Brandwagonderwyser en eerste spanafrigter Karen Schonken het ook by dié toernooi haar SA “C”-gradering na SA “B” verbeter.

Beane is Brandwag se derde SA-netbalskeidsregter aangesien nog ‘n onderwyser en afrigter Alida Duvenhage ‘n SA “A”-gradering het – die hoogste gradering wat in Suid-Afrika moontlik is.

Ses Brandwag netbalspelers het ook vanjaar OP-graderings as skeidsregters verwerf.

Op die foto is Beane in die middel. Alida Duvenhage is links en Karen Schonken regs van haar.

In die skoolsweetpakke is Brandwag se OP-skeidsregters. Van links is Zilcke van Zyl (OP “D”), Suné Hayward (OP “C”), Marelize Clasen (OP “C”), Lurica Pasquez (OP “C”), Danica Rudman (OP “D”) en Kayla-Lee MacGregor (OP “C”).

 


‘n Graad 12-leerder, Alana-Lee Daniell, het die beste prestasie in die Oos-Kaap behaal in die Wêreldkennis Olimpiade. Alana-Lee is ook junior burgemeester en ‘n lid van die leerlingraad.


Hoofseun maak toespraak by 2014 matriekafskeid
Llewellyn se matriekafskeid-toespraak
Hoofseun maak toespraak by 2014 matriekafskeid
Matriekafskeid se uitnodigings
Zorro bring die uitnodigings vir die 2014-matriekafskeid
Ons is die Skool 2014
Interlaer 2014
De Wet Dirigente 2014
Retief dirigente 2014
Retief 2014
Retief dirigente 2014
Moos & Kruger
Kruger 2014
Kruger 2014
Kruger se dirigente
Kruger se dirigente by Interlaer 2014
1ste Rugby.
Eerste rugbyspan draf op die veld.

Three grand essentials to happiness in this life are something to do, something to love, and something to hope for.

Joseph Addison

Volg ons

facebook
sien meer foto's en nuus

ISSUU
lees dokumente soos ons skoolkoerant

kalender
sien wat gebeur volgende

luister saam


It’s fine to celebrate success but it is more important to heed the lessons of failure.

Bill Gates



nha cai uy tin , nha cai uy tin , tap chi me va be , casino truc tuyen , casino uy tin , casino tot nhat , danh bai , poker online , casino , bao ve viet nam , bao ve viet nam , suc khoe , thoi trang nam 2014 , suc khoe 2014 , shop thoi trang , tin tuc thoi trang phim le , hi tech , tin cong nghe , cong nghe , thoi su , tin moi , thoi trang , the gioi smartphone , cong nghe , may tinh bang gia re , dien thoai , su kien , game mobile , nghe si viet , the gioi nhac , nha cai , dien dan bong da , best bookies, clevermart.vn , goldcare.vn , phonereview.vn , tinhangngay.vn , sieuthisachnoi.com , doctruyentranh.tv , kinhthongminh.org , thietbithongminh.tv , sieuthithietbiso.org ,