Brandwag in het onlangs die skool se nuwe mini-kunsgrasbaan ingehuldig. Dié veeldoelige oppervlak sal vir hokkie, netbal en tennis gebruik kan word. By die inhuldiging het die skoolhoof, Steven Zietsman, die lint geknip en daarna die eerste hou op die baan geslaan. Hy het die bal vir Zianca-Lee Swart, kaptein van die eerste hokkiespan, aangegee wat dit sonder moeite tot in die doelhok geslaan het. Die baan is ook na die skoolhoof vernoem. Nadat die lint gesny en die eerste bal geslaan is, het die eerste tennis-, netbal- en hokkiespanne die toeskouers getrakteer met drie mini-wedstryde van sewe minute elk wat onder spreiligte gespeel is. Die nuwe astro-baan huisves twee tennisbane, ’n netbalbaan en ’n mini-hokkieveld. Tot dusvêr het Brandwag se hokkiespelers geen toegang tot ’n kunsgras-oppervlak vir oefening gehad nie. Die nuwe oppervlak is dus die begin van ’n nuwe era.

’n Grootskaalse opgradering van Brandwag se krieketnette is ook tans aan die gang.









 

Rapporte kan op Donderdag 14 Maart tussen 13:00 en 14:00 of op 15 Maart vanaf 6:30 tot 8:00 deur ouers by die skool afgehaal word.





 

Vyftig deelnemers het hulle passies op die loopplank uitgestal tydens die Brandwag se jaarlikse Mnr. en Mej. Brandwag-kompetisie.

Gail Brown, van Sophisticate Models, het vanjaar vir die twintigste keer haar kundige hulp verleen en weereens vir asemrowende choreografie gesorg.

Eindelik is Steven Buchner en Tarien Lombard as Mnr. en Mej. Brandwag aangewys. Die eerste prins en prinses was Dano Swart en Bianca Swanepoel en Ben-Martin Ferreira en Jade Perie was die tweede prins en prinses.

Jonathan Scheepers en Jana Potgieter is as Mnr. en Mej. Brandwag Junior aangewys. Die junior naaswenners was Ruben Barnard en Denise Grobbelaar.

Tayla Gouws en Schalk Erasmus was die aanbieders.





 

’n Graad 11-meisie van Brandwag het vanjaar reeds twee goue medaljes in boogskiet verower.

Celeste Crouse het by die Kwagga-boogskietklub se ope kompetisie in Januarie die eerste plek in die 2D-afdeling vir hoërskoolmeisies behaal. Haar telling was 281/300. Tydens dieselfde kompetisie het sy ook ’n telling van 270/300 in die 3D-afdeling aangeteken wat aan haar ’n silwermedalje besorg het.

In Februarie was Celeste ook die beste hoërskoolmeisie in 3D by die Port Alfred-klub se ope kompetisie. Haar telling van 271/300 het aan haar die goue medalje besorg.









 

De Wet het skoonskip gemaak by die interlaer-atletiekbyeenkoms.

Die leerlinge op die pawiljoen het behoorlik na hulle asems gesnak toe De Wet se rasieleiers in ’n helikopter op die veld geland het. ’n Oudskolier, Pietie Ferreira van Endulini-boerdery, het goedgunstiglik sy helikopter aan sy eertydse span geleen.

Dit was egter nie net hul aankoms wat asemrowend was nie. De Wet het heeldag lank op die pawiljoen hulle atlete aangemoedig en ook op die veld die kompetisie oorheers.

Die kraaie gaap gewoonlik op Brandwag se jaarlikse atletiekbyeenkoms. Vanjaar se ietwat koeler, bewolkte weer het dalk die atlete ’n bietjie ekstra energie gegee, want elf rekords het op die dag gekantel.

Teen die einde van die dag was De Wet die oorweldigende wenners en hulle het ook met die spangees-beker weggestap.  Retief was tweede en Kruger derde.





Elf rekords het in die slag gebly tydens die kleure-atletiekbyeenkoms van die Hoërskool Brandwag op Uitenhage. Nege van dié rekords is deur atlete in die De Wet-span aangeteken, wat ook die byeenkoms gewen het. Die ander twee behoort aan die Retief-span.

Twee o.14-meisies het drie rekords ingeryg. Donna-Leigh Douglas het rekords in die 200 en 400 meter agter haar naam geskryf terwyl Ilke Douglas die gewigstootrekord verbeter het.

By die o.14-seuns het Keanu Bruintjies die skyfwerp- en gewigstootrekords laat spat terwyl Brogan Sepkit die nuwe 200 meter aangeteken het.

Die o.15’s Heike Groenewald en Anika Ferreira het elk ’n nuwe rekord vir onderskeidelik gewigstoot en driesprong. Ruben Barnard en Kyle Erasmus het onderskeidelik die seuns o.16 en o.17 gewigstootrekords laat kantel.

Die rekord van die dag behoort egter aan Morné van der Berg wat die o.15-rekord vir 800 meter, wat in 1978 deur Johan Wahl opgestel is, syne gemaak het.

Morné van der Berg is op pad na die wenpaal in die 800 meter vir seuns o.15. Sy tyd van 2 minute, 8,7 sekondes het die 1978-rekord van 2 minute 10,1 sekondes  gebreek.





Brandwag se eerste krieketspan het ’n derde agtereenvolgende tuisoorwinning opgestapel toe hulle Framesby met een paaltjie geklop het.  

Framesby het eerste gekolf en was almal uit vir 167 na 45 beurte. John Olivier was Framesby se beste kolwer met 47 lopies. Ruan de Ridder het 24 aangeteken.

Vir Brandwag het Lyle Matola (3 vir 11 in 8 beurte) en De Wet Alberts (2 vir 38 in 9 beurte) met die bal uitgeblink.

Op die kolfblad het Brandwag 170 vir 8 na 43 beurte ingesamel. Daniel Smith (52) was die beste kolwer vir die tuisspan. Handré Viljoen (42) en Dano Swart (23) was ook handig met die kolf. Henrico Green (15) het die wenlopies geslaan.

Framesby se beste bouler was JP Snyman met 3 paaltjie vir 32 in 9 beurte.

Intussen het Brandwag ook vir Victoria Park met 51 lopies weg van die huis af verslaan.





 

Brandwag se 1ste krieketspan het Daniel Pienaar met 57 lopies verslaan. Brandwag het eerste gekolf en 187 aangeteken. DP was almal uit vir 130. 

 

 





nha cai uy tin , nha cai uy tin , tap chi me va be , casino truc tuyen , casino uy tin , casino tot nhat , danh bai , poker online , casino , bao ve viet nam , bao ve viet nam , suc khoe , thoi trang nam 2014 , suc khoe 2014 , shop thoi trang , tin tuc thoi trang phim le , hi tech , tin cong nghe , cong nghe , thoi su , tin moi , thoi trang , the gioi smartphone , cong nghe , may tinh bang gia re , dien thoai , su kien , game mobile , nghe si viet , the gioi nhac , nha cai , dien dan bong da , best bookies, clevermart.vn , goldcare.vn , phonereview.vn , tinhangngay.vn , sieuthisachnoi.com , doctruyentranh.tv , kinhthongminh.org , thietbithongminh.tv , sieuthithietbiso.org ,