Brandwag hoofmeisie Chanri Strydom is die algehele wenner van The Herald/ABSA Matric of the Year 2018.

Vir haar uitnemende akademiese prestasies het Chanri ook die akademie-kategorie gewen.

Chanri volg in die voetspore van Andre Conradie wat in 2016 die medewenner was saam met Rebecca Thembi Mqamelo van Clarendon Girls High. André het in 2016 ook die akademie-kategorie gewen.

The Herald Matric of the Year is die oudste kompetisie van sy soort in die land. Jaarliks nooi dié koerant skole in die Oos-Kaap en Suid-Kaap om hul beste kandidate in te skryf. Twintig finaliste word uit meer as honderd inskrywings gekies.

Om in aanmerking te kom, moet ’n kandidaat ’n veelsydige leier wees met uitstaande prestasies in akademie, kultuur, sport en gemeenskapsdiens.

Twee Brandwagters, Chanri Strydom en Martelize Kruger, was vanjaar finaliste. Martelize was ook een van net 14 finaliste in die Volksblad/UV se Matriek van die Jaar-kompetisie.
Chanri beoog om volgende jaar medies aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer, terwyl Martelize gekeur is vir optometrie aan die Universiteit van die Vrystaat.

nha cai uy tin , nha cai uy tin , tap chi me va be , casino truc tuyen , casino uy tin , casino tot nhat , danh bai , poker online , casino , bao ve viet nam , bao ve viet nam , suc khoe , thoi trang nam 2014 , suc khoe 2014 , shop thoi trang , tin tuc thoi trang phim le , hi tech , tin cong nghe , cong nghe , thoi su , tin moi , thoi trang , the gioi smartphone , cong nghe , may tinh bang gia re , dien thoai , su kien , game mobile , nghe si viet , the gioi nhac , nha cai , dien dan bong da , best bookies, clevermart.vn , goldcare.vn , phonereview.vn , tinhangngay.vn , sieuthisachnoi.com , doctruyentranh.tv , kinhthongminh.org , thietbithongminh.tv , sieuthithietbiso.org ,