Ek is op soek na :
 
SWEMGALA

SWEMGALA - 2010 UITSLAE

1ste - De Wet
2de - Kruger
3de - Retief

 

 

JUNIORS
SEUNS MEISIES
Goud N. Lourens Goud K. McGregor
L. September      Silwer P. Badenhorst
R. Kruger L. Pasques

 

 

Geen trofee is toegeken vir die beste junior swemmer nie.

 

 

SENIORS
SEUNS MEISIES
Goud F. Greeff Goud I.Terblanche       
Silwer H. Meyer Silwer T. Rademeyer
Silwer V. Kuhn Brons M. Meyer

 

 

Ilze Terblanche wen die trofee vir die beste senior meisie.
     

frank_swem

  • Die dorp wen die seuns en die meisies afdelings van die koshuis/dorp kompetisie.
  • De Wet wen die hindernis naelskraap.

Frank Greeff (bo) wen die trofee vir die beste senior swemmer. Frank is in 2010 in matriek en het in sy vyf jaar in Brandwag by elke swemgala aan elke item deelgeneem en elke rekord verbeter. Hy het dan ook by hierdie gala rekords vir die 50m vryslag, 50m borsslag, 50m ope vlinderslag en 100m ope vryslag verbeter. Hy kon net nie daarin slaag om sy eie rekord van 2009 in die 50m rugslag te verbeter nie.

 

 

frank_swem2

frank_swem3

Brandwag se swemgala sal in 2011 nie dieselfde wees sonder Frank nie, maar Kruger en die koshuis sal weer 'n slag 'n kans hê om te wen.

      

Frank oefen twee keer per dag, soggens voor skool en saans, in Port Elizabeth. Die rit soontoe en terug neem meer as 'n uur in beslag. Ten spyte van sy druk oefenprogram blink Frank ook uit in akademie.

frank_swem5

frank_swem6

Die lys van Frank se swemprestasies is so lank soos sy arms, maar hy is die toonbeeld van nederigheid, vriendelikheid en hoflikheid. Sy gesindheid getuig van sy uitstekende temperament, 'n noodsaaklikheid vir sukses. Brandwag is trots om 'n ambassadeur soos hy te hê.

Wanneer Frank eendag die hoogste sport in swem bereik, sal almal by Brandwag weet dit kon nie met 'n gawer jong man as hy gebeur het nie. Lees gerus meer oor Frank se prestasies onder SWEM by SPORT.