Ek is op soek na :
 
LESTER SLAAN 2DE TON
lester_met_bat

Lester Harrop het sy 2de honderdtal van die jaar aangeteken toe Brandwag teen St Dominic's gewen het met 163 lopies. Lester het 133 geslaan en is goed bygestaan deur sy kaptein Viljee Kruger (32) en Stephan Deyzel (34 nie uit nie). Die beste boulers was Juan Higgs (4 vir 2) en Mario Mowers (3 vir 1). Brandwag het eerste gekolf en 267 vir 10 aangeteken. St Dominic's was almal uit vir 104. Hierdie uitstekende vertoning deur die 1ste XI is ten spyte van die feit dat die span moes klaarkom sonder Franz Botha en Anrich Nortjé wat saam met 'n OP o/18-span tans in Indië aan 'n toernooi deelneem. Lester Harrop het vroeër hierdie jaar ook 133 teen Framesby geslaan.