Ek is op soek na :
 
3DE SPAN ONOORWONNE

 

DSC_9255      

Brandwag se 3de krieketspan is na 5 wedstryde steeds onoorwonne. Sover in hierdie seisoen het hulle afgereken met Victoria Park, Solomon Mahlangu (1ste span), Grey, Woolhope (1ste span) en D.F. Malherbe (2de span).

BRANDWAG VS VICTORIA PARK

VP kolf eerste en teken 82 aan. Brandwag se beste boulers was M. Minnie (4 paaltjies vir 16 lopies in 5 beurte), T. Rothman (2 paaltjies vir 9 lopies in 4 beurte) en M. MacLeod (2 paaltjies vir 9 lopies in 5 beurte).

Brandwag behaal 83 en wen met 4 paaltjies. Ons beste kolwers was M. Macleod (25) en C. Landman (13 nie uit nie).

   DSC_9263
DSC_9265

BRANDWAG VS SOLOMON MAHLANGU (1STE SPAN)

Solomon Mahlangu kolf eerste en teken 92 lopies aan. Brandwag se beste boulers was M. Minnie (5 paaltjies vir 15 lopies in 5 beurte) en G. Stohlz (2 paaltjies vir 21 lopies in 4 beurte).

Brandwag haal die telling en wen met 10 paaltjies. Ons beste kolwers was C. van Eeden (35 nie uit nie) en M. Macleod (31 nie uit nie).

BRANDWAG VS GREY

Grey kolf eerste en teken 95 aan. Brandwag se beste boulers was T. Rothman (3 paaltjies vir 11 lopies in 4 beurte), E. van Niekerk (2 paaltjies vir 10 lopies in 4 beurte) en M. Macleod (2 paaltjies vir 12 lopies in 4 beurte).

Brandwag behaal die telling en wen met 9 paaltjies. Die beste kolwers was M. Macleod (40 nie uit nie) en C. van Eeden (36 nie uit nie).

DSC_9278
DSC_9293

BRANDWAG VS WOOLHOPE (1STE SPAN)

Brandwag kolf eerste en behaal 143 vir 2. Die beste kolwers was M. Luther (55), C. van Eeden (26) en T. Rothman (27 nie uit nie). 

Brandwag boul Woolhope uit vir 121 lopies en wen dus met 22 lopies. Die beste kolwers was C. Landman (3 paaltjies vir 11 lopies in 4 beurte) en M. Minnie (3 paaltjies vir 20 lopies in 4 beurte).

BRANDWAG VS D.F. MALHERBE (2DE SPAN)

Brandwag kolf eerste en kry 79 lopies vir 9 paaltjies. Die beste kolwers was M. MacLeod (15) en C. Landman (13).

D.F. kolf tweede en kon net 66 lopies aanteken. Die beste boulers was M. Macleod (2 paaltjies vir 7 lopies) en C. Landman (2 paaltjies vir 9 lopies). Brandwag wen met 13 lopies.

DSC_9298

 

 

DSC_9309 DSC_9322