|
AKADEMIE TOP 10 UITSTAPPIE |
|
 |
|
Brandwag neem aan die begin van die jaar die top 10 akademiese presteerders van die vorige jaar op 'n opwindende uitstappie as beloning vir hulle harde werk. Hierdie jaar se uitstappie was na African Imprint Outdoor Centre en het op 16-17 Februarie plaasgevind. Sowat veertig leerders is deur akademiese hoof mev. Eerika Roux en skoolhoof mnr. Wilhelm Meyer vergesel op 'n avontuur in die bos naby Kirkwood. Hier het hulle meegemaak aan allerhande aktiwiteite wat net mooi niks te make het met akademie nie, maar alles te make het met vet pret.
|
|
|
|
|
|