|
JUWAYNE MAAK NAAM IN KNYSNA |
 |
|
Juwayne Fletcher van Brandwag het die 2010 Salomon Featherbed Trial Run tydens die Oesterfees op Knysna gewen. Die wedloop vind plaas oor 15km van moordende terrein en Juwayne het met sy tyd (58:07) verskeie hoogaangeskrewe internasionale atlete uitgestof. Die organiseerders het geglo 'n tyd van onder 60min sou onmoontlik wees. Wentzel Gerber was vierde (62min) en Donald Nel 23ste (1:12). Carmen Gerber het onder die eerste helfte van die vroue geëindig, ten spyte daarvan dat sy gewoonlik net 10km hardloop en eintlik vooraf net netbal geoefen het. Net die volgende dag het Juwayne ook die 5km straatwedloop (senior) gewen met Wentzel kort op sy hakke. Donald het hier die junior-afdeling gewen.
|
|
|
|
|