Ek is op soek na :
 
1STE NETBAL VEE VER PLAT
ZANI_1  

Die eerste netbalspan het weereens sy staal en klas gewys toe die span Oudtshoorn se eerstes in die hart van die Klein Karoo met 38-14 van die baan gevee het. Dit was die eerste span se vierde oorwinning in 'n ry nadat hulle in hul vorige drie wedstryde met van die vernaamste plaaslike teenstand afgereken het. Hulle ander oorwinnings was teen D.F. Malherbe (35-17), Despatch (30-17) en Nico Malan (25-20). Links gryp Zahn-Mari Swart die bal op Oudtshoorn. Wat Brandwag se netbalkrag nog duideliker onderstreep, is dat die skool nege uit nege wedstryde teen D.F en agt uit agt teen Despatch  gewen het. Intussen is die O/16's op pad na die SA Schools Challenge om teen die bestes in die land te speel.