Ek is op soek na :
 
HOKKIE VEROWER KNYSNA
KARIN_K_T_KNYSNA

Die vier Brandwag-spanne wat teen die Hoërskool Knysna te staan gekom het, het nie een wedstryd verloor nie. Die eerste span het 2-0 gewen. Brandwag se derde span het indrukwekkend 1-0 teen Knysna se tweede span gewen en die volgende dag 3-0 met hul eweknie van Hoërskool Oudtshoorn afgereken. Ander uitslae teen Knysna was O/16B (1 elk) en O/16A (3-1). Brandwag het voor dit ook skoonskip gemaak teen Hoërskool D.F. Malherbe. Die eerstes het 3-0 gewen. Die derdes het weereens teen D.F. se tweedes 1-0 gewen terwyl die O/14A's (1-0), O/16B's (6-0) en O/16A's (8-0) ook oorwinnings aangeteken het. Links mik Karin Knoetse 'n hou na die doelhok tydens die eerste span se oorwinning oor Knysna.