|
RUGBY OOK BAAS IN DIE KAROO |
 |
|
Net 'n week na Brandwag 8 uit 8 kragmetings teen Despatch tuis gewen het, het die 1ste XV en hul gevolg indrukwekkende oorwinnings oor Hoërskool Oudtshoorn weg behaal. Die 1stes het vlymskerp aangeval en verdedig in 'n spannende wedstryd teen 'n sterk span. Senter Eben Barnard (links) het in die 2de helfte 'n deurslaggewende eerste drie vir Brandwag gedruk nadat losskakel Franz Botha se skopskoen Brandwag naby die teiken gehou het. Vleuel Enrico Germishuys het ook die bal agter die pale geplant vir 'n oortuigende 26-18 oorwinning. Die 2des, wat tans kookwater rugby speel, het maklik 34-8 gewen. Ook die O/15A's (10-6), die O/14A's (24-0) en die O/14B's (31-0) het maklike oorwinnings behaal.
|
|
|
|
|