Ek is op soek na :
 
JUNIOR DEBATSPAN DEUR NA FINAAL
JUNIOR_DEBATSPAN

Brandwag se junior debatspan het hulle teenstand uit die pad gepraat en is nou op pad na die finale rondte van die ATKV se debatskompetisie. Die finaal vind op 20 Augustus op Buffelspoort plaas. Dit volg nadat die span, (van links) Uys Conradie, Ronnie Strydom en Chanté van Rensburg, die wenners was van die kompetisie se halfeindrondte wat onlangs op Riversdal uitgespook is. Brandwag se senior span, Danie Strydom en Ruhan Fourie, het ook aan die halfeindrondte op Riversdal deelgeneem nadat hulle, soos die juniors, plaaslik uitstekend die woord gedoen het. 'n Graad 8-leerder, Larica Pasques, het ook Brandwag se naam hoog gehou by die halfeindrondte van die ATKV se redenaarskompetisie op George.