Ek is op soek na :
 

 

Audrey1

Audrey Lötter is nie net Brandwag se top matriek van 2009 nie, sy is ook op 'n gala-aand in Oos-Londen as die Uitenhage-distrik se beste matriekpresteerder aangewys. Die Uitenhage-distrik bestaan uit 27 skole en sluit skole so ver as Humansdorp en die Langkloof in. Audrey het 6 A-simbole behaal en 'n gemiddeld van 87,3%. Vir die prestasie is Audrey 'n lywige beurs van R50 000 per jaar aangebied. Sy het ook reeds 'n beurs-aanbod van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit gekry waar sy beplan om in 2010 B.Rek te studeer.