Ons verbind ons aan die Strewe:
-
Om vaste Christelike beginsels by al die leerlinge vas te lê sodat hulle volle lewenswandel daardeur gerig sal word.
-
Na hoë akademiese standaarde en effektiewe onderrig sodat elke leerling tot sy of haar maksimale vermoë kan ontwikkel.
-
Om by elkeen liefde vir die aanleer van kennis, vaardighede en insig te kweek.
-
Om mans en vroue die wêreld in te stuur wat 'n gebalanseerde lewenswyse aangekweek het sodat hule volwasse, doelgerigte en meelewende landburgers sal wees.
-
Dat alle leerlinge 'n eie realistiese mening sal ontwikkel en dit as sodanig sal uitleef.
-
Na 'n gesonde dissipline wat die goeie orde sal verseker en ook vir elke leerling van opvoedkundige waarde sal wees.
-
Na gesonde leierskapontwikkeling sodat potensiële leiers maksimaal sal ontplooi.
-
Om die diensleweringsmotief by elke leerling vas te lê.
-
Om as onderwyspersoneel op professionele gebied maksimaal te ontwikkel tot voordeel van elke leerling en van skool as geheel.
-
Na 'n gewilligheid by almal om sinvol en positief aan te pas by noodsaaklike veranderinge en vernuwing.
-
Na die betrokkenheid van elke Brandwagter by die skool se aktiwiteite sodat trots op en lojaliteit aan Brandwag sal gedy.
-
Om al die ouers by hulle kinders asook by die skool se aktiwiteite betrokke te kry.
-
Na hartlike samewerking tussen ouers, leerlinge en die gemeenskap.
-
Om 'n atmosfeer van vriendelikheid en welwillendheid onder mekaar te skep.
-
Na die skepping van 'n klimaat van prestasie en van hoë verwagtinge by almal.
-
Na die skepping van 'n gesonde klimaat sodat alle strewes maksimaal bereikbaar sal wees.
-
Om Brandwag al meer 'n "Skool van Voortreflikheid" te maak.
|