Ek is op soek na :
 
ONDERRIGGELD 2010

'n Verpligte eenmalige bedrag van R690,00 is betaalbaar teen 15 Januarie 2010. Vanaf Februarie is tien paaiemente van R690,00 maandeliks betaalbaar voor die 7de van 'n maand. Rente sal daarna gehef word. Die totaal vir die jaar is R 7590,00.

U word verplig om by bogenoemde betaalwyse te hou, geen reëling ten opsigte van bonusmaande of uitgestelde betalings word aanvaar nie.
Indien u kwalifiseer vir vermindering sal u slegs verantwoordelik gehou word vir die bedrag ooreengekom.

Onderriggeld moet in 'n toegeplakte koevert deur die kind aan die registeronderwyser gegee word.
 
Geen vooruitgedateerde tjeks word aanvaar nie!
 

BUSVERVOER: R350 x 10 paaiemente (Januarie - Oktober) = R3 500,00 per jaar.
Onthou: Leerling moet seker maak dat die korrekte kwitansie die volgende skooldag ontvang en bewaar word.

 

KOSHUISGELD:
Die volgende metodes van betaling van koshuisgeld is vir u gerief:
1. Vir die jaar vooruit: R11 280,00
2. Maandeliks oor twaalf maande R940,00
3. Kwartaalliks R2 280,00 per kwartaal

 

Vir u gerief kan gelde in die toepaslike skoolrekening inbetaal word:

 

SKOOL- EN/OF BUSGELD KOSHUISGELD
NEDBANK UITENHAGE NEDBANK UITENHAGE
TAKKODE 1263-17-00 TAKKODE: 1263-17-00
REKENING NR. 1263-055303         REKENING NR. 1263-055281

 

Faks bewys van betaling t.o.v. albei rekeninge na: 041 922 7354.

Verwysing: Kind se volle naam en van.