Ek is op soek na :
 
SKOOLREëLS
Die Suid-Afrtkaanse Skolewet, Wet no. 84 van 1996, bemagtig die Beheerliggaam van 'n skool om dissipline te handhaaf en maak voorsiening vir die daarstelling, deur die Beheerliggaam, van 'n Gedragskode wat skoolgedrag voorskryf.
1. VOORWOORD:
Die Gedragskode van die Brandwag Hoërskool is ontwerp om die omstandighede daar te stel waaronder 'n leerder by die skool toegerus word met die waardes en bekwaamhede wat hom in staat sal stel om sy potensiaal in die gemeenskap te bereik. Dit verskans die reg van elke leerder om onderrig te word en in 'n gelukkige en veilige omgewing te groei. Die doel van die Gedragskode is om positiewe dissipline, selfdissipline en voorbeeldige gedrag te bevorder. Dit is nie op straf ingestel nie, maar bevorder opbouende studie en vestig morele waardes.
Hierdie Gedragskode verteenwoordig die konsensus van die ouers, leerders, onderwysers en nie-akademiese personeel van Brandwag ten opsigte van wat as aanvaarbare gedrag van ingeskrewe leerders beskou word. Indien 'n leerder die Gedragskode oortree, is dit die konsensus van ouers, leerkragte en leerders van Brandwag dat dissiplinêre prosedures teen sodanige leerder ingestel word. Hierdie prosedures word in die Gedragskode uiteengesit en kan van tyd tot tyd gewysig word en daarna by wyse van kennisgewing aan die betrokkenes bekend gemaak word. Die Gedragskode sal jaarliks hersien word, indien nodig, na raadpleging van bogenoemde belanghebbendes. Indien dissiplinêre prosedures in werking gestel word, sal die skool te alle tye 'n buigsame benadering volg (binne die riglyne van die Gedragskode), sodat die beste belange van beide individuele leerders en van die skool gedien word.
Alhoewel 'n sekere aksie/versuim nie spesifiek deur die Gedragskode gedek word nie, kan daar van tyd tot tyd 'n wysiging gemaak word, wat daarna by wyse van kennisgewing aan die betrokkenes bekend gemaak word.
2. FILOSOFIE EN MISSIEVERKLARING VAN DIE BRANDWAG HOëRSKOOL: Filosofie
· Ons glo in die GODDELIKE DRIE-EENHEID as die grondslag van ons bestaan en daarom is ons uitgangspunt die uitdra en    beoefening van VASTE CHRISTELIKE WAARDES.
· Die Brandwag Hoërskool is 'n AFRIKAANS-MEDIUM skool met onderrig in AFRIKAANS. Die Afrikaanse kultuur en lewenswaardes vorm die basis van ons Instelling. Ander kulture word egter gerespekteer.
· Die Brandwag Hoërskool is in die eerste plek 'n AKADEMIESE inrigting om elke leerder verstandelik te ontwtkkel. Ons is egter ook 'n OPVOEDKUNDIGE Inrigting wat poog om die kind in sy TOTALlTEIT op te voed. Daarom geniet die geestelike, fisiese en sosiale opvoeding ook hoë aandag.
· Die Brandwag Hoërskool erken dat Suid-Afrika 'n MULTI-KULTURELE BEVOLKINGSAMESTELLING het en dat elke landsburger op GELYKE GELEENTHEDE geregtig is.
· Die Brandwag Hoërskool beywer hom vir realistiese HOë STANDAARDE.
· Ons STREEF na VOORTREFLIKHEID.
Missieverklaring
Ons verbind ons aan die:
· STREWE om vaste Christelike beginsels by al die leeders vas te lê sodat hulle volle lewenswandel daardeur gerig sal word.
· STREWE na hoë akademiese standaarde en effektiewe onderrig sodat elke leerder tot sy/haar maksimale vermoë kan ontwikkel.
· STREWE om by elkeen liefde vir die aanleer van kennis, vaardighede en insig te kweek.
· STREWE om mans en vrouens die wêreld in te stuur wat 'n gebalanseerde lewenswyse aangekweek het sodat hulle volwasse, opgevoede, doelgerigte en meelewende landsburgers sal wees.
· STREWE dat elke leerder 'n realistiese eie mening sal ontwikkel en dit as sodanig sal uitleef.
· STREWE na 'n gesonde dissipline wat die goeie orde sal verseker en ook vir elke leerder van opvoedkundige waarde sal wees.
· STREWE na gesonde leierskapontwikkeling sodat potensiële leiers maksimaal sal ontplooi.
· STREWE om die diensleweringsmotief by elke leerling vas te lê.
· STREWE om as onderwyspersoneel op professionele gebied maksimaal te ontwikkel tot die voordeel van elke leerder en van die skool as geneel.
· STREWE na 'n gewilligheid by almal om sinvol en positief aan te pas by noodsaaklike veranderinge en vernuwinge.
· STREWE na die betrokkenheid van elke Brandwagter by die skool se aktiwiteite sodat trots op en lojaliteit aan Brandwag sal gedy.
· STREWE om al die ouers by hulle kinders asook by die skool se aktiwiteite betrokke te kry.
· STREWE na hartlike samewerking tussen ouers, onderwysers, leerders en die gemeenskap.
· STREWE om 'n atmosfeer van vriendelikheid en welwillendheid onder mekaar te skep.
· STREWE na die skepping van 'n klimaat van prestasie en van hoë verwagtinge by almal.
· STREWE na die skepping van 'n sodanige gesonde klimaat sodat alle strewes maksimaal bereikbaar sal wees.
· STREWE om Brandwag al meer 'n "SKOOL VAN VOORTREFLIKHEID" te maak!

3. DIE REGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE VAN LEERDERS BY BRANDWAG
3.1 Elke Brandwag-leerder sal die regte geniet wat in die Handves van Menseregte in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet no, 108 van 1996, verskans is. Die Brandwag Hoërskool, as verteenwoordiger van die Regering, sal hierdie regte te alle tye beskerm, bevorder en respekteer.

 

3.2 Elke leerder is geregtig op gelyke behandeling deur die Wet en sal gelyke beskerming en voordeel van die Wet geniet.
3.3 Elke leerder het die reg om hoflik en vriendelik behandel te word.
3.4 Elke leerder het die reg om in 'n skoon, veilige en ordelike omgewing onderrig te word.
3.5 Elke leerder het ingebore waardigheid en het die reg dat sy/haar menswaardigheid gerespekteer word.
3.6 Die toedien van lyfstraf asook verbale misbruik is verbode.
3.7 Leerders het die reg op ooreengekome prosedures met die Beheerliggaam ten opsigte van 'n behoorlike regsproses en 'n metode tot appél.
3.8 Leerders is verplig om gehoor te gee aan die Gedragskode van die skool. Hulle moet verstaan dat daar teen hulle opgetree sal word indien hulle die Gedragskode sou verbreek.
3.9 Leerders moet verstaan dat 'n opvoeder by die skool geregtig is daarop om leerders ingevolge die Gedragskode te beheer en te dissiplineer gedurende die tyd wat die leerder die skool, asook enige klas, skoolfunksie, skooluitstappie of skoolverwante aktiwiteite bywoon.
3.10 Leerders is verplig om hulle te onderwerp aan dissipline in die skool en in die klaskamer en om te help verseker dat die onderrigproses sonder ontwrigtende gedrag verloop.
4. SKOOLREELS
4.1 Skoolbywoning
4.1.1 Gereelde Skoolbywoning is noodsaaklik vir vordering en word deur die wet voorgeskryf. In geval van afwesigheid moet die leerder se ouers/voog die skool voor 10h00 skakel en/of 'n brief ter verduideliking van die afwesigheid aan die registeronderwyser rig.
4.1.2 'n Ingeskrewe leerder is verplig om elke dag op die skoolkalender die volle voorgeskrewe skoolure teenwoordig te wees.
4.1.3 Afwesigheid van 'n eksamen/toetsreeks moet deur 'n mediese sertifikaat van 'n geregistreerde mediese praktisyn opgevolg word.
4.1.4 Geen leerder mag sonder toestemming gedurende skoolure die skoolterrein verlaat nie.
4.1.5 Afwesigheid vir rybewystoetse en mediese afsprake tydens skoolure is onaanvaarbaar,
4.1.6 Leerders mag nie laat kom vir skool nie en sal afwesig gemerk word indien hulle afwesig is tydens registerperiode.
4.1.7.1 'n Leerder wat meer as 40 dae 'n jaar afwesig is, kan in sy/haar eie belang nie toegelaat word om die eindeksamen af te lê nie.
4.1.7.2 Enige leerder wat sonder verskonlng meer as 15 dae in 'n betrokke kwartaal afwesig is, mag tydelik van die rol gehaal word hangende 'n aanvaarbare verklaring van sy/haar ouer/voog.
4.1.8 Reels ten opsigte van ongesteldheid op skool- of sportterrein.
4.1.8.1 Die betrokke onderwyser se toestemming moet verkry word om 'n klas te verlaat as 'n leerder begin sleg voel.
4.1.8.2 Die "pasient" moet dadelik by die standerdhoof aanmeld. Skoolhoof of Adjunkhoof gee toestemming dat 'n leerder die skoolterrein mag verlaat.
4.1.8.3 Die sekretaresse sal die ouer skakel indien die 'n leerder gehaal moet word. Leerders skakel nie self nie.
4.1.8.4 Slegs opgeleide personeel dien noodhulp toe.
4.1.8.5 Geen leerder dien noodhulp toe sonder toesig van 'n opgeleide personeellid nie.
4.1.8.6 Die standerdhoof moet in kennis gestel word sodra 'n leerder ongesteld raak en huis toe gaan of aanmeld vir noodhulpbehandeling.
411.8.7 'n Leerder wat van eie vervoer gebruik maak, doen dit op eie risiko.
4.1.8.8 In geval van 'n sportbesering tree die betrokke afrigter op as verantwoordelike persoon vir die hantering van die beseerde.
4.1.8.9 As noodhelpers byderhand is, mag hy van hulp gebruik maak totdat gespesialiseerde hulp opdaag.
4.1.8.10 Dis die afrigter se plig om die beseerde se ouers in kennis te stel van sy speler se besering.
4.1.8.11 Slegs die afrigter mag volmag verkry van 'n ouer om te teken in geval van 'n noodoperasie.
4.1.9 Indien u kind 'n gediagnoseerde, aansteeklike siekte opgedoen het, ernstig siek is of 'n operasie moet ondergaan, moet u asseblief u kind se standerdhoof telefonies verwittig. Leerders met hoogs aansteeklike siektes soos bv. geelsug, skarlakenkoors, Duitse masels, ens. of enige aansteeklike oog- of velontsteking moet deur 'n geneesheer gesond verklaar word alvorens skoolbywoning hervat word. 'n Mediese sertifikaat wat die leerder gesond verklaar, word vereis. 'n Tweede opinie kan aangevra word.
4.1.10 Ouers word versoek om nie 'n siek kind skool toe te stuur nie. Die skool beskik nie oor die fasiliteite om siek leerders na behore te versorg nie.
4.1.11 Die skool verleen nie toestemming vir afwesigheid op amptelike skooldae nie. Indien u kind op u eie verantwoordelikheld om ander redes as siekte afwesig sal wees, moet u asseblief vooraf skriftelik die skoolhoof verwittig indien moontllk.
4.1.12 Swak gedrag, swak skoolbywoning en uiters swak akademiese uitslae van 'n leerder kan daartoe lei dat hy/sy in die daaropvolgende skooljaar hertoelating geweier word.
4.2 Respek vir mede-leerders
4.2.1 Geen leerder sal 'n mede-leerder fisies, sielkundig of woordeliks aanval nie.
4.2.2 Geen leerder sal hom/haarself op so 'n wyse gedra dat, volgens die oordeel van die Skoolhoof, hy/sy ander leerders of personeel benadeel of die welsyn van die skool benadeel nie.

4.2.3 Geen leerder mag in sy besit hê/skool toe bring enige voorwerp/artikel wot 'n bedreiging vir 'n mede-leerder inhou nie. Dit sluit enige tipe wapen of pornografiese materiaal in.
4.2.4 Geen leerder mag enige item wat aan 'n ander leerder behoort, steel nie of in besit wees van enige item wat aan 'n ander leerder behoort nie, sonder die uitdruklike toestemming van die ander leerder.
4.2.5 Geen leerder mag opsetlik of nalatiglik die eiendom van 'n mede-leerder beskadig nie. In so 'n geval sal hy/sy aanspreeklik wees vir skadevergoeding.
4.2.6 Geen leerder sal homself/haarself op so 'n manier gedra dat, hy/sy die konstitusionele regte van 'n ander leerder aantas nie. (Dit sluit veral ongedissiplineerde en ontwrigtende gedrag in.) Sodanige optrede kan tot skorsing/ uitsetting lei.
4.3 Hoflikheld en eerbied vir gesag
4.3.1 Die Skoolhoof en personeel is verantwoordelik vir die handhawing van gesag in die skool.
4.3.2 'n Leerder sal enige redelike opdrag van die Skoolhoof, leerkrag, werknemer of mede-leerder (soos prefekte of klaskapteins), aan wie gesag gedelegeer is, gehoorsaam.
4.3.3 Geen leerder sal onhoflik, astrant of uitdagend optree teenoor enige lid van die akademiese of nie-akademiese personeel nie. Die diskresie van die Skoolhoof sal bepaal of enige gedrag onhoflik, astrant of uitdagend is.
4.3.4 Geen leerder sal op die skoolterrein vloek, vuil taal of godslasterlike taal gebruik nie.
4.3.5 Geen leerder sal enigiets doen wat, volgens die oordeel van die Skoolhoof, die goeie naam van die skool in die gedrang bring nie.
4.3.6 Orde en dissipline
4.3.6.1 Geen leerders in klasse of lokale of saal voor skool of gedurende pause nie, sonder toestemming van onderwyser nie.
4.3.6.2 Absolute stllte in saal en tydens vierkantopenlng. Geld vir alle funksies.
4.3.6.3 Staan netjies op in bank in klas indien 'n volwassene die klas binnekom of verlaat; ook op skoolterrein of sportterrein vir volwassenes.
4.3.6.4 Dadelik stilte in rye indien klok lui aan begin van dag of na pouse.
4.3.6.5 Geen leerders drentel tydens periodes in gange of op stoepe rond nie of by publieke telefoon nie.
4.3.6.6 Geen leerders verlaat die skoolterrein sonder verlof van die Hoof of sy gedelegeerdes nie. (Adjunkhoofde en Standerdhoofde)
4.3.6.7 Geen geselsery of saamdrommery in toilette of kleedkamers nie.
4.3.6.8 Leerders wat laat kom vir skool moet eers by die Skoolhoof of Adjunkhoofde rapporteer.
4.3.6.9 Geen leerder met skooldrag of siviele klere tydens civviedae, mag fisiese kontak, wat 'n verleentheid kan skep of uitlokkend is, met 'n ander leerder hê nie.
4.3.6.10 Geen leerder op skoolterrein tydens middae, naweke en vakansies nie, tensy vir gereëlde sport, ander aktiwiteite wat deur die skool gereël is of met skriftelike verlof van 'n onderwyser. Leerders mag slegs onder toesig in die Gimnasium oefen.
4.3.6.11 Geen slagspreuke of plakkers op tasse en mure nie. Ook geen tippex merke nie.
4.3.6.12 Leerders klim nie oor drade of heinings nie.
4.3.6.13 Geen leerder staan of loop met hande in die sakke nie.
4.3.6.14 Geen kougom in klasse, saal, skoolvoertuie en skoolgronde nie.
4.3.6.15 Leerlinge mag nie tydens pouse in nabyheid van personeelkamer sit of speel nie.
4.3.6.16 Geen rommel mag in klasse of op speelgronde rondgestrooi word nie.
4.3.6.17 Geen bakleiery of klipgooi op skoolgronde nie.
4.3.6.18 Toilette word te alle tye netjies gehou.
4.3.6.19 Toiletpapier mag nie gemors word nie.
4.3.6.20 Geen vriende van buite besoek leerders tydens pouses nie.
4.3.6.21 Sport en ander aktiwiteite op Sondae op skoolvelde, tennisbane, krieketnette en terrein is verbode.
4.3.6.22 Geen aktiwiteit wat anti-christelik, polities georiënteerd of sedelik ondermynend is, of wat die bevordering daarvan ten doel het, word op die skoolterrein of waar ookal onder die skool se naam toegelaat nie.
4.3.6.23 Geen omsendbrief, pamflet, kennisgewing, biljet, of enigiets van dergelike aard, mag sonder die Skoolhoof se toestemming op die skoolterrein versprei of op 'n kennisgewingbord aangebring word nie.
4.3.6.24 Die voorgeskrewe skooldrag geld vir skoolbywoning sowel as alle ander geleenthede soos deur die Skoolhoof bepaal. Leerders moet volledig in hul skooluniform geklee wees op pad na en van die skool. Indien 'n leerling dus met sy baadjie skool toe kom, moet hy dit ook smiddae huis toe aanhê.
4.3.6.25 Geen leerder mag ryloop terwyl hy/sy op grond van kleredrag identifiseerbaar is as 'n leerder van die skool nie.
4.3.6.26 Die nasionale simbole asook die simbole en bestaande karakter van die skool moet te alle tye eerbiedig word.
4.3.6.27 Alle leerders moet hulle vereenselwig met die gedragskode van die skool en moet die skool se reëls en ordereëlings gehoorsaam.
4.3.6.28 Geen leerder sal gedurende klasperiodes die publieke telefone gebruik nie.
4.3.6.29 Geen leerder mag tydens klaswisseling of gedurende klasperiodes sonder toestemming die toilette besoek of die publieke telefoon gebruik nie.
4.3.6.30 Geen etery of koeldrank/sappies drinkery word tussen periodes tydens klaswisseling toegelaat nie. Geen verkope aan leerders behalwe pouses nie.
4.3.6.31 Geen leerder mag onder enige omstandighede 'n selfoon tydens skoolure (7:30-13:45) gebruik nie. Indien 'n leerder met 'n selfoon betrap word, sal dit gekonfiskeer word en mag die ouer dit 5 skooldae later afhaal. Met 'n tweede oortreding mag die selfoon eers aan die einde van die kwartaal afgehaal word.
4.3.6.33 Alle toegangstrappe is verbode as vergader of speelplekke.

4.3.7 Saalbyeenkomste
4.3.7.1 Almal moet teenwoordig wees.
4.3.7.2 Baadjies en dasse in wintermaande.
4.3.7.3 Prefekte sal tussen rye sit en orde handhaaf.
4.3.7.4 Altyd stilte in saal.
4.3.8 Etiket
4.3.8.1 Leerders moet te alle tye vriendelikheid openbaar
4.3.8.2 Onderwysers en volwassenes moet gegroet word.
4.3.8.3 Meisies stap eerste by klasse in en uit.
4.3.8.4 Leerders behoort mekaar en die leerlingraad te respekteer.
4.3.8.5 Netheid op persoon en in die skoolboeke word van leerders verwag.
4.3.8.6 Leerders mag nie ander se eiendom vat nie. Respekteer mekaar se goed.
4.3.8.7 Geen leerder mag vuil taal gebruik nie, hetsy in die klaskamer, op die skoolterrein of in die publiek.
4.3.9 Civviedae en sokkies
4.3.9.1 Kleredrag (seuns en dogters): Geen uitspattige of uitlokkende kleredrag word toegelaat nie. Klere altyd netjies en aanvaarbaar vir personeel en mede-leerders.
4.3.9.2 Grimering dogters: moet nie oordadig of uitspattig wees nie.
4.4 Sekuriteit en skooleiendom
4.4.1 Geen leerder sal, met opset of weens nalatigheid enige skooleiendom beskadig, vernietig, ontsier of steel nie.
4.4.2 Geen leerder sal, sonder die toestemming van die Skoolhoof of sy gedelegeerde, enige van die skool se fasiliteite of toerusting gebruik anders as vir normale daaglikse roetine gebruik nie.
4.4.3 Beskadiging van skooleiendom deur nalatigheid of andersins sal op die leerder se onkoste herstel word.
4.4.4 Klaskamers en skoolbanke moet aan die einde van die dag skoon wees.
4.4.5 Daar mag nie op banke gekrap word en kougom aan die banke geplak word nie.
4.4.6 Ons skoolbanke moet ons trots wees.
4.4.7 Handboeke MOET met stewige plastiek oorgetrek wees. Skryfboeke moet met toepaslike papier en/of plastiek oorgetrek wees. Handboeke is die skool se eiendom en MOET teen die einde van die jaar ingehandig word.
4.4.8 Leerders mag nie met pen in handboeke skryf nie.
4.4.9 Indien handboeke verlore raak of beskadig word, sal van ouers verwag word om die boeke te vervang of daarvoor te betaal.
4.4.10 Biblioteekboeke word kwartaalliks aan die einde van die kwartaal almal ingeneem. Boete sal gehef word, indien boeke laat is. Indien biblioteekboeke verlore raak of beskadig word, sal van ouers verwag word om die boeke te vervang of daarvoor te betaal.
4.4.11 Die skool dra geen verantwoordelikheid vir enige persoonlike eiendom hetsy privaat besit of skooleiendom van leerders wat verlore raak nie.
4.4.12 Veiligheid
4.4.12.1 Enige insident (ongeluk) waar 'n leerder tydens skoolure beseer word, moet onmiddellik aangemeld word.
4.4.12.2 Leerders moet enige onveilige toestand bv. los elektriese bedrading, foutiewe skakelaars, stukkende vensterruite, onmiddellik aanmeld.
4.4.12.3 Leerders mag nie ander leerders beseer nie. Dit kan tot eise teen sodanige leerder lei.
4.5.1 Kriminele Gedrag
Geen leerder sal homself/haarself skuldig maak aan enige kriminele daad of gedrag nie. Indien 'n leerder in 'n hof aan enige kriminele oortreding skuldig bevind word, sal dit beskou word as 'n ernstige refleksie op die skool se goeie naam en kan tot skorsing/uitsetting lei.
4.5.2 Geen bendebedrywighede word toegelaat nie.
4.6 Verbode middels/artikels en waardevolle artikels
4.6.1 Geen ingeskrewe leerder van Brandwag word toegelaat om op die skoolterrein of in die openbaar te rook nie, hetsy in skooluniform of nie. Kan tot skorsing lei.
4.6.2 Geen leerder mag drank en/of verdowingsmlddels gebruik/besit/verhandel nie, nog op die skoolterrein nog in die openbaar, hetsy in skooluniform of nie. Kan tot permanente uitsettlng lei.
4.6.3 Radio's, kassetspelers, elektroniese apparaat en ander waardevolle artikels behoort nie skool toe gebring te word nie.
4.6.4 Die volgende artikels is geheel en al verbode en mag onder geen omstandighede skool toe gebrlng word nie:
4.6.4.1 aanstootllke tydskrifte, prente en voorwerpe;
4.6.4.2 vuurwapens, rekkers ("ketties") van watter aard ook al, messe, klappers, of enigiets wat die veiligheid of liggaamlike welsyn van ander leerders bedreig;
4.6.4.3 kougom, vuurhoutjies, sigaretaanstekers, sigarette, tabak, enige dwelmmiddel of ontoelaatbare middels wat sportprestasie kan verbeter nie. Indien sigarette by 'n leerling gevind word, word aanvaar tot die teendeel bewys word, dat hy/sy rook en hy/sy kry die toepaslike straf daarvoor.
4.6.5 Indian 'n leerder om 'n bepaalde rede (bv. mondelingles) verbode of waardevolle artikels skool toe wil bring, moet verlof vooraf verkry word by die standerdhoof en dan by die vakonderwyser vir veilige bewaring ingelewer word.
4.6.6 Geen optrede wat enige nadelige element, soos hierbo genoem, by die skool kan bevorder, is toelaatbaar nie.
4.6.7 Die hoof en personeel behou die reg voor om leerlinge van tyd tot tyd te deursoek (sy klere sowel as sy tas en houers/sakke).

4.7 Skoolwerk en die Leerproses
4.7.1 Geen leerder sal homself/haarself skuldig maak aan gedrag wat die onderrigproses in die klaskamer ontwrig en/of inbreuk maak op die reg van ander leerders om te werk en in 'n ordelike omgewing onderrig te ontvang nie. Herhaalde oortredings word in 'n baie ernstige lig beskou en kan tot skorsing/uitsetting lei.
4.7.2 Leerders sal hulself toewy aan die akademiese doelstellings van die skool. Hulle sal vir toetse en eksamens voorberei en alle take, werk en huiswerkopdragte uitvoer in ooreenstemming met die opdragte van die betrokke onderwyser(s).
4.8 Skooldrag en Voorkoms
4.8.1 Skooldrag
Ons is trots op ons Skooldrag en ons leerders wil en moet netjies daarin lyk. As ons ons skool buitemuurs verteenwoordlg, sorg ons met netjiese voorkoms (en gedrag wat pas) dat ons waardige ambassadeurs van die skool is.
L.W. Alle Skooldrag (insluitende sportdrag) moet by die amptellke voorsieners of die Brandwag-klerebank gekoop word, ten einde volkome eenvormigheid te verseker.
· Ouers moet toesien dat hul kinders elke dag volgens die voorgeskrewe kleredrag geklee is. ALLE KLEDINGSTUKKE moet behoorlik gemerk wees.
· Ouers moet toesien dat die skool se naam nie in gedrang gebring word deur hul kinders toe te laat om in skooldrag op ongewenste plekke in die publiek op te tree nie.
· Ons skoolbaadjie en skoolsweetpak, waarop ons skoolwapen en ons skool se naam verskyn, mag onder geen omstandighede aan enige leerder wat nie verbonde aan Brandwag is nie, verkoop word nie. Ons skoolbaadjie en skoolsweetpak is ons trots en mag slegs deur ons leerders met die nodige eerbied en respek gedra word.
· Die drag na debatte, redenaarskompetisies en ander funksies soos van tyd tot tyd voorgeskryf, is: somersdrag, wintersdrag of erekleure.
· Spanbaadjie-volledige drag (met das wat pas) mag elke dag van die week gedra word. Wit erebaadjie mag ook elke dag gedra word. Provinsiale en nasionale baadjies mag slegs op Maandae en Vrydae gedra word.
· Geen kontaklense met mode kleure of mode vorms. Normale, deurskynende kontaklense.
· Slegs groen, grys of swart skooltasse.
Dogters:
Baadjie: Voorgeskrewe skoolbaadjie.
Rok: Groen, volgens voorgeskrewe patroon. Lengte van rok - 7 cm bo vloer as leerder kniel.
Hemp: Winter - wit dashemp met skooldas en kleurbaadjie.
Somer - Wit oopnekhemp met kort moue sonder das en kleurbaadjie.
Indien die skoolbaadjie gedra word, geld die wintersdrag en is 'n das verpligtend.
Das: Voorgeskrewe skooldas.
Sokkles -Kouse: Somer - kort gewone wit sokkies (nie afgerol).
Winter - swart lycra kouse.
Skoene: Swart toeryg of band met gespe. Geen buitengewone dik sole of hoë hakke. Geen ballet-tipe skoene nie.
Trui: Voorgeskrewe grys, swart of wit trui of pullover met skoolkleure. Die grys trui/pullover mag slegs in kwartale 1 en 4 sonder 'n skoolbaadjie gedra word.
Seuns:
Baadjie: Voorgeskrewe skoolbaadjie.
Broek: Duifgrys - moet behoorlik pas, lank of kort met bypassende grys/swart lyfband.
Hemp: Winter - Soos vir die dogters.
Somer - Oopnekhemp met skoolwapen op sak.
Das: Voorgeskrewe skooldas.
Kouse: Grys kuitkouse met skoolkleure (nie rugbykouse of wit sokkies nie).
Skoene: Swart toeryg sender tierlantyntjies. Geen skoene met gespes mag deur die seuns gedra word nie. Geen skoene met buitengewone dik sole mag gedra word nie. Skoene met enige kleur stiksels moet dadelik swart gepoleer word. Skoene moet gepolitoer kan word en vasgemaak kan word.
Trui: Voorgeskrewe grys, swart of wit trui of pullover met skoolkleure. Die grys trui/pullover mag slegs in kwartale 1 en 4 sonder 'n skoolbaadjie gedra word.
Met saalbyeentomste (winter, skoolfunksies en uitstapples) is skoolbaadjie (span- of erebaadjie) verpligtend.
Winterkwartale: 2 en 3
Somerkwartale: 1 en 4
4.8.1.1 Sportdrag en Liggaamlike Opvoeding:
Dogters:
Atletiek/Landloop:
- Atletiekbloesie
- Atletiek kortbroek (groen)
- Hoerskool Brandwag sweetpak
- Slegs voorgeskrewe sporthempie
- Spykerskoene of hardloopskoene
Netbal:
- Skoolnetbalromp
- Skoolnetbalbloesie

- Seil- of hardloopskoene
- Brandwag sweetpak
- Slegs voorgeskrewe sporthempie
Tennis:
- Voorgeskrewe sporthemp
- Rooi tennisromp (volgens voorgeskrewe patroon)
- Tennisskoene
- Wit sokkles
- Brandwag sweetpak
Hokkie:
- Hokkiehempie en groen romp
- Hardloopskoene of hokkiestewels en rugby-kouse
- Brandwag sweetpakbaadjie
- Slegs voorgeskrewe sporthempie
Seuns:
Atletiek:
- Skoolatletiekfrokkie
- Kort groen atletiekbroek
- Brandwag sweetpak
- Spykerskoene of hardloopskoene
Rugby:
- Skool rugbytrui
- Kort wit broek
- Rugbystewels
- Rugbykouse - skool kleure
- Brandwag sweetpak
- Eerstespan arriveer en verdaag altyd in skoolklere
Tennis:
- Voorgeskrewe tennishemp
- Swart kort broek
- Wit sokkies
- Tennisskoene
- Brandwag sweetpak
Krieket: o/l 4 en o/l 5 en 3de spanne:
- Wit skoolhemp met wapen/Brandwag T-hemp
- Wit kortbroek of langbroek (hele span)
- Rugbykouse
- Krieketpet
Seniors (Iste en 2de spanne):
- Wit kriekethemp
- Witlangbroek
- Krieketpet/hoed
- Skool- of spanbaadjie
Eerste spanne dra klere soos voorgeskryf.
4.8.2 Netheid en Algemene Voorkoms
· Leerders mag slegs hul baadjie in die klas uittrek met toestemming van die onderwyser. Met klaswisseling, verdaging van skool en besoeke aan die kantoor, moet leerders altyd hul baadjies aantrek. Beweeg dus in openbaar in volle skooldrag. (Geld vir winter)
· Dra nooit bostuk van sweetpak onder skoolbaadjle nie. Dra voorgeskrewe trui.
· Die trui mag slegs in kwartale 1 en 4 sonder 'n skoolbaadjie gedra word.
· Wanneer dit reën, mag die sweetpak-bostuk by skooldrag gedra word.
· Woon skool- en sportbyeenkomste by in skooldrag of sweetpak waar van toepassing.
· Slegs grys truie mag sonder 'n baadjie gedra word.
· Slegs lapelwapens wat met skoolaktiwltelte verband hou, mag gedra word. Juweliersware is verbode. Dit sluit in alle tipes armbande, ook die wat gedra word, ter ondersteuning van een of ander projek.
· Slegs grys, wit, groen of swart handskoene word toegelaat in die winter en moet uitgetrek word wanneer leerders skryf. Winterjasse, windjakkers en musse word nie as deel van die algemene skooldrag beskou nie en moet tuis gelaat word. Reënjasse moet uitgetrek word in die klaskamers.
Algemene reël vir serpe: Wit by wit; swart by swart; groen by groen.
· Leerders se voorkoms behoort te alle tye aan algemeen aanvaarbare konvensionele standaarde van sindelikheld, netheid en styl, soos wat by 'n skooluniform pas, te voldoen.
Die volgende algemene beginsels geld deur-gaans:
· Leerders se hare moet te alle tye netjies vertoon. Uitheemse tendense en modegiere is onaanvaarbaar.

· Seuns se naels moet kort en netjies wees.
· Seuns moet netjies geskeer skool bywoon.
· Skoene moet elke dag netjies gepoleer wees.
· Langbroeke moet gereeld gestryk word.
· Juweliersware soos bv. armbande, ringe en halskettings is verbode vir seuns en dogters. Slegs een paar eenvoudige oorringetjies vir dogters (1 cm-deursnee) of "studs" (in geval van dogters met gaatjies in die oorbelle), wat in die onderste gaatjie van oorbel gedra word asook horlosies en Medic Alert-kentekens is toelaatbaar.
· Studs wat dogters mag dra, kan slegs goud of silwer knoppies wees. Geen pêrels of diamante.

· Wanneer skooldrag gedra word, bv. vir bywoning van sportwedstryde, moet dit volledig wees en nie met siviele drag gemeng word nie. Dogters mag nie net een oorringetjie dra nie. Geen oorring of "stud" wat versier is of 'n steentjie (gekleurd of ongekleurd) in het, mag gedra word nie. Geen haarstukke of haarinlegsels nie. Geen grimering by skooldrag. Netjiese en kort naels vir dogters (as van handpalm se kant gekyk word, mag naels nie verby vingerpunte steek nie.) Geen naellak aan vingers of toonnaels nie. Deurskynende naellak wel toegelaat.
· Geen T-hemp onder skoolhemp wat bo by die skoolhemp uitsteek mag gedra word nie, (seuns en dogters). Geen T-hemp met embleem of wat enigsins bedruk is, mag onder skoolhemp gedra word nie. Die volgende firmas voorsien ons skool- en/of sportdrag:
o Pro-Ecclesia Uitrusters
o Marryats
o Brocket se Sportwinkel (sportdrag)
· Seuns mag geen juwellersware van enige aard dra nie (bv. oorringe, neusringe, ringe, kettings, armbande, ens.).
Seuns:
Die volgende voorskrlfte insake haarstyle is van toepasslng, en leerders moet te alle tye daaraan voldoen:
· Indien reguit afwaarts gekam bokant die oor mag die hare nie laer strek as die boonste rand van die oorskulp nie. Dit mag ook nie so dik wees dat dit 'n wal vorm wat verby die orskulp steek nie.
· Hare mag nie agter aan die kraag raak nie.
· Die kuif, indlen vorentoe gekam, mag nie laer as 1cm bokant die wenkbrou wees nle.
· Die hare moet so gesny word dat dit van onder af geleidelik opbou ooreenkomstig die vorm van die top. Die natuurlike nekhaarlyn dien as aanduiding. Geen walle word toegelaat nie.
· Seuns mag nie hul hare kleur of kartel nie.
· Geen kaalgeskeerde koppe (nr. 3 toelaatbaar).
· Bakkebaard mag nie by die middel van die oor (aan voorkant) verbygaan nie. Seuns moet skoongeskeer skool bywoon. Geen snorre, ken- en wangbaarde word toegelaat nie.
· Matige gel of mousse mag gebruik word om hare in plek te hou, maar geen "wet look" of "spikes" is toelaatbaar nie.
· Geen vreemde haarstyl word toegelaat nle.
Dogters:
· Slegs kleurlose lipsalf mag aangewend word.
· Haarknippies - ALLEENLIK - silwerkleurig, goudkleurig, groen, bruin of wit - nie bont nie. Haarknipples mag nie oorversier wees nie (bv. met pêrels ens. in nie).
· Linte of Alice Bands - groen, grys, wit of swart,
· Rekballetjies of "schrunches" - groen, wit of swart.
· Slegs lede van die Senior Raad van leerders word toegelaat om rooi rekkles, knippies of linte in hul hare te hê.
· Dogters se hare moet te ALLE tye SKOON EN BAIE NETJIES wees!
· Bruin leerstukkies in hare is aanvaarbaar.
· Lengte van kuif - ten minste 1cm bokant wenkbroue.
· Lengte van hare agter: Sodra hare aan die kraag raak, moet dit vasgemaak word.
· Hare mag matige ligstrepe in hê, maar geen drastiese kleurveranderinge is toelaatbaar nie. Dogters sal verplig word om hare onmlddellik na die normale terug te kleur.
· Haarslierte mag nie in die gesig hang nie, moet vasgesteek of met 'n "alice band" teruggehou word.
· Geen "brush cuts" of "under cuts" of enige ander uitspattige haarstyl sal toegelaat word nie.
· Dogters mag nie hul hare onaanvaarbaar kort sny/skeer nie.
· Die algemene reël wat geld vir hare, seuns en dogters, betreffende alle nuwe giere en style, is dat die hare netjies moet wees en pas by die voorkoms van 'n skolier. Die reël geld ook ten opslgte van die matriekafskeid en ander sosiale funksies (Reel 4.17.8 is ook hier van krag).
4.8.3 Tydens civviedae moet leerders keurig en welvoeglik geklee wees.
4.9 Buitemuurse verpligtings
4.9.1 Dit word van 'n Brandwag-leerder verwag om aan minstens een winter- en een somer-buitemuurse aktiwiteit, hetsy sport of kultuur, deel te neem.
4.9.2 Wanneer 'n leerder hom/haar vrywillig by 'n buitemuurse skoolbedrywigheid aangesluit het, moet hy/sy sy/haar volle verpligtinge en verantwoordelikhede in verband daarmee stiptelik vir die volle seisoen nakom, tensy hy/sy deur die skool-hoof of mediese praktisyn daarvan vrygestel is.
4.9.3 'n Leerder wat aan buitemuurse aktiwiteite wat deur die skool georganiseer word, deelneem, is onderhewig aan die skool se Gedragskode. Tydens bg. sal hy/sy die skooldrag of relevante sportdrag dra soos deur die organiserende personeellid/lede voorgeskryf.

4.9.4 Enige leerder wat deur sy/haar gedrag tydens buitemuurse aktiwiteite die skool se goeie naam in gedrang bring, kan hom/haarself skorsing of uitsetting op die hals haal.
4.9.5 Die gebruik van ontoelaatbare middels om sportprestasie te verbeter is streng verbode en oortreding van hierdie reël kan lei tot skorsing.
4.10 Eksamens en Toetse
4.10.1 Algemeen
· Geen leerder wat 'n eksamenkandidaat is, sal tydens die eksamen enige notas/boeke ens. in sy/haar besit hê wat aan hom/haar 'n onregverdige voordeel besorg nie.
· Geen leerder sal tydens 'n eksamen 'n ander leerder help of deur hom/haar gehelp word nie. Enige poging van 'n leerder om met 'n ander leerder te kommunikeer, sal beskou word as 'n poging om hulp te ontvang tensy die teendeel bewys word.
· Geen leerder sal 'n onregverdige voordeel probeer verkry deur vroegtydig informasie te bekom aangaande die inhoud van 'n toets- of eksamenvraestel nie.
· Geen leerder sal hom/haarself as 'n ander leerder voordoen nie.
· Geen leerder sal enige werkstuk/projek/ werkopdrag inhandig vir evaluering as dit nie in geheel sy/haar eie werk is nie.
· Leerders sal hou by keerdatums.
4.10.2 Spesifieke instruksies (Toets- en Eksameninstruksies)
· Geen leerder word voor skool of gedurende pouse in klaskamer/eksamenlokaal toegelaat nie.
· Skooldrag, hare, ens, steeds netjies en volgens skoolreëls gedurende eksamentyd.
· Afwesigheid vereis 'n mediese sertifikaat - ingelewer by leerkrag wie toets of eksamen geskryf word. Die akademiese hoof
versamel hierdie sertifikate.
· Sit op bank aan jou toegesê vir eksamen - geen uitruilery nie.
· Geen rondlopery of "kamer verlaat" gedurende eksamentyd nie.
· Moenie banke, mure en eksamenlokale bekrap nie.
· Geen geselsery, briefies skryf, radio's, storieboeke, tydskrifte ens. word toegelaat nie. Absolute stilte as daar geskryf word.
Slegs 'n ordentlike boek/tydskrif na al 'n leerder se vakke geskryf is.
· Kry penne, ekstra inkhervulling, liniaal, sakrekenaar, instrumente ens. betyds gereed en byderhand.
· Geen tasse, boeke, papier, ens. by bank toegelaat nie. Plaas voor of buite die klas as eksamen/toets geskryf word.
· Maak seker vraestel is volledig afgerol en/of gebind.
· Lees instruksies by elke vraag behoorlik,
· Beantwoord vrae numeries.
· Beplan vooraf en maak beste keuse by keusevrae.
· Gebruik 'n goeie blou-inkpen.
· Nommer antwoorde net soos op die vraestel.
· Leesbare skrif is 'n vereiste.
· Gebruik 'n liniaal om dood te trek. Tippex word nie toegelaat nie,
· Laat reëls oop vir "byval".
· As tyd beskikbaar is, gaan vraestel weer deur. ('n Poging is beter as niks!)
· Maak ook seker dat geen deel van jou antwoordstel in die antwoordboek agter bly nie, en dat die hele vraestel beantwoord is
(kyk agter).
· Sorg dat jy jou eie krammasjien (of skuifspelde) het.
· Indien enige vorm van oneerlikheid betrap word, het dit baie ernstige gevolge vir 'n leerder. Onthou dus: Eerlikheid is meer
werd as volpunte.
· Leerders moet in die eksamenlokaal die presensielys teken.
· Geen leerder mag enige ander papier in sy/haar besit hê as die skryfpapier wat die toesighoudende personeellid aan hom/
Haar uitdeel aan die begin van die eksamensessie nie.
4.10.3 Indien 'n kandidaat met aantekeninge ("crib notes") tydens die aflegging van die eksamen, betrap word, word die volgende prosedure word gevolg:
· Die aantekeninge word afgeneem, aan die skrif geheg en 'n nuwe eksamenboek (folio) word aan die kandidaat oorhandlg vir die oorblywende tyd.
· Die skoolhoof, akademiese hoof en vakhoof word van die onreëlmatigheid in kennls gestel en bevestig sodanige onreëlmatigheid.
· Beide antwoordstelle word aan die vakonderwyser oorhandig maar die kandidaat kry in elk geval 0 (nul) vir die betrokke vraestel.
· Die ouers word in kennis gestel van die onreëlmatigheid en watter prosedure gevolg is.
4.10.4 Indien 'n leerder nie fisies in staat is om sy/haar bevorderingseksamen af te lê nie en sy/haar jaarpunt is 'n druippunt sodat oorplasing nie moontlik is nie, kan sodanige leerder na inhandiging van 'n mediese sertifikaat toegelaat word om mondelinge eksamen af te lê.
4.11 Vervoer
4.11.1 Leerders is geregtig op veilige vervoer vir wedstryde/uitstappies/toere ens. Daarom sal geen onderwyser in 'n skool- voertuig vinniger as 100 km/h ry indien hy/sy leerlinge vervoer nie. Alle verkeersreëls moet ook gehoorsaam word.

4.11.2 Slegs motorfietse en fietse word op die skoolterrein toegelaat. Leerders mag egter nie op die skoolterrein hiermee ry nie, maar dit slegs stoot.
4.11.3 Leerders wat van motorfietse gebruik maak as vervoermiddel na die skool, mag gevra word om hul lisensie /leerlinglisensie te toon. Slegs 'n leerder met 'n lisensie mag 'n passasier vervoer.
4.11.4 Motorfietse parkeer op aangewese plek. Fietse en motorfietse moet gesluit wees as dit op die skoolgronde staan.
4.11.5 Geen motor of motorfiets deur leerders bestuur, word op sportvelde toegelaat nie, ook nie tydens oefeninge of wedstryde nie.
4.11.6 Geen leerder mag 'n motor op die skoolterrein parkeer nie.
4.11.7 Geen leerder mag op 'n openbare pad ryloop nie, met of sonder sy/haar skooluniform.
4.11.8 Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir die steel of beskadiging van enige voertuig van die personeel, leerders of ouers op die skoolterrein of sportvelde nie.
4.11.9 Busritte
· Goeie gedrag word van leerlders in busse verwag.
· Geen voorwerpe word by vensters uitgegooi nie.
· Niemand mag rondloop in die bus nie.
4.11.10 Geen leerder word toegelaat om skoolbussies te bestuur nie.
4.12 Gedrag buite die skool
4.12.1 Geen ingeskrewe leerder van enige ouderdom, in uniform al dan nie, sal in die openbaar rook of alkohol gebruik nie.
4.12.2 Geen leerder sal 'n tydelike of permanente kroeg binnegaan nie, of enige openbare disko-tipe funksie bywoon waar alkoholiese drank beskikbaar is nie.
4.12.3 Restaurante is binne perke vir leerders, maar geen leerder sal in 'n openbare restaurant alkohol gebruik tensy hy vergesel is van sy/ haar ouer/voog nie, met die voorbehoud dat hy/sy nie deur middel van sy/haar uniform/kleredrag as 'n Brandwag-leerder herkenbaar is nie.
4.12.4 Geen leerder sal hom/haar op enige plek sodanig gedra dot hy/sy volgens die oordeel van die Skoolhoof, die goeie naam van die skool in gedrang bring nie.
4.13 Reëls wat geld vir die Biblioteek en Rekenaarsentrum
4.13.1 Die volgende reëls sal geld vir leerders wat die
Biblioteek gebruik:
· Boeke mag nie namens ander leerders uitgeneem word nie;
· Boeke mag vir 'n tydperk van een siklus uitgeneem word;
· Leerder is verantwoordelik vir alle boeke uitgeneem;
· Leerder sal moet betaal vir verlore boeke;
· Besorg boeke terug in dieselfde toestand;
· Geen boek/tydskrif mag uit biblioteek verwyder word indien niemand in biblioteek is nie;
· Leerders moet die regte van ander leerders met betrekking tot stilte in die biblioteek respekteer;
· Alle boeke moet aan die einde van 'n kwartaal terugbesorg word.
4.13.2 Die volgende reëls sal geld vir leerders wat die Rekenaarsentrum gebruik:
· Geen leerder sal enige dokument druk sonder die toestemming van 'n personeellid nie.
· Geen leerder sal enige disket in 'n skoolrekenaar gebruik tensy dit deur die skool verskaf word nie.
· Geen leerder sal enige toegangswoord in 'n rekenaar invoer of enige aanstootlike materiaal stoor nie.
· Geen leerder sal enige program of die werk van 'n ander leerder uitwis nie.
· Niks mag in die rekenaarsentrum geëet of gedrink word nie.
· Geen leerder mag die Internet gebruik sonder die toesig van 'n personeellid nie.
4.14 Skoolfunksles
4.14.1 Geen leerder sal enige funksle by die skool hou of organiseer sonder die toestemming van die Skoolhoof nie.
4.14.2 Sokkies is slegs vir Brandwag-leerders. Enige verdere reëlings ten opsigte van sokkies word deur die Skoolhoof beheer
of soos gedelegeer.
4.14.3 Geen alkohol, kos of enige ander tipe drank mag na 'n skoolfunksie gebring word nie. Rook is ook verbode.
4.14.4 Reg tot toegang word streng gekontroleer. Onderwysers en/of ouers sal altyd aan diens wees tydens skoolfunksies.
4.15 Skoolkoshuise
L.W.: Huisreëls van die verskillende skoolkoshuise word beskou om deel uit te maak van hierdie Gedragskode.
4.16 Algemeen
4.16.1 Geen omsendbrief, kennisgewing, pamflet, banier, plakkaat of enige ander voorwerp sal op die skoolterrein versprei word of op die kennisgewingborde geplaas word sonder die toestemming van die Skoolhoof of sy gedelegeerdes nie.
4.16.2 Geen kragwoorde, vloektaal of luidrugtige, onwelvoeglike taal word op die skoolterrein toegelaat nie.
4.16.3 Alle rommel moet in vuilgoeddromme geplaas word.
4.16.4 Geen leerder mag sonder toestemming van die hoof enige iets op die skoolterrein verkoop nie. Geen handel mag oor die skoolheinings gedryf word nie.
4.16.5 Geen bakleiery of afknouery word toegelaat nie.
4.16.6 Leerders moet besoekers en personeel beleefd groet as hulle by mekaar verby beweeg.
4.16.7 'n Leerder moet ten alle tye opstaan as hy met 'n onderwyser of besoeker praat.
4.16.8 Geen afskrywery van skoolwerk word op die skoolterrein toegelaat nie.

4.16.9 Geen vorm van ontgroening word toegelaat nie. Reëlings ten opsigte van gr. 8 oriëntering is in die hande van die Skoolhoof en die Leerlingraad -skakelonderwysers.
4.16.10 Gr. 8 - 11-leerders wat hulself skuldig maak aan herhaalde gedragsoortredings en die standerd druip, moet heraansoek doen om toelating.
4.16.11 Geen leerder mag sonder toesig in die personeelkamer of die saal wees nie.
4.16.12 Reëls is daar vir mense wat nie self weet hoe om op te tree nie. Deur beleefd, stiptelik hoflik en hardwerkend te wees, sal jy verseker dat jou jare aan die Hoërskool Brandwag aangenaam sal wees.
4.17 LetWel
4.17.1 'n Leerder wat na die oordeel van die Skoolhoof en die skool se beheerliggaam die naam van sy skool in die openbaar in onguns bring, is skuldig aan 'n oortreding wat kan lei tot skorsing.
4.17.2 Die teenwoordigheid van 'n ouer onthef nie 'n leerder van sy eerbiediging van die skoolreëls nie.
4.17.3 Dit word van leerders verwag om die landswette en enige ordinansie, reël, of voorskrif van enige bevoegde liggaam te gehoorsaam.
4.17.4 Leerders wat hierdie reëls oortree, is onderhewig aan die bepalinge van die Suid-Afrikaanse Skole Wet no. 84 van 1996 - asook bykomende maatreëls vervat in die Provinsiale Regulasies betreffende Onderwys in die Oos-Kaap.
4.17.5 Enige ingeskrewe leerder van hierdie skool wat deur 'n hof skuldig bevind word hetsy by wyse van tronkstraf, 'n boete, 'n opgeskorte vonnis of 'n waarskuwing weens kriminele 'n oortreding tydens of na skoolure, word op gesag van die Beheerliggaam onmiddellik geskors tot na afhandeling van 'n dissiplinêre verhoor deur die Beheerliggaam van die skool.
4.17.6 Dit is die verantwoordelikheid van die leerder om die skool in kennis te stel van enige verandering van voog, adres of verantwoordelike ouer sodat skoolrekords aangepas kan word.
4.17.7 Hierdie skoolreëls is ook bindend op alle leerders tydens skooltoere, daguitstappies, opvoedkundige ekskursies en skoolkampe,
4.17.8 Leerders wat in skooluniform rook, sterk drank en/of enige ander verbode middels gebrulk, of die klaskamer en skoolterrein sonder toestemming verlaat, sal tydelik geskors word. Oortredings in die verband kan tot permanente skorsing lei.
5. GESAGSTRUKTUUR
5.1 Terwyl die wetlike gesag met betrekklng tot die kontrole en dissipline van leerders in die Beheerliggaam van die skool gesetel is, het die Beheerliggaam van Brandwag die volgende persone bemagtig om daardie gesag as sy gedelegeerde uit te oefen:
5.1.1 Die Skoolhoof, Adjunkhoofde en Departementshoofde;
5.1.2 Lede van die Onderwyspersoneel:
5.1.3 Leerders (bv. prefekte, koshuisprefekte, Raad van Leerders) volgens gespesifiseerde opdragte/bevoegdhede.
5.2 Die Dissiplinêre Komitee van die Brandwag Hoërskool (bestaande uit lede van die Beheerliggaam, die Skoolhoof, Onderwyspersoneel en Leerders) sal, wanneer deur die Skoolhoof verlang, ernstige of herhaalde oortredings van 'n leerder oorweeg wat mag lei tot die skorsing of uitsetting van 'n leerder.
6. DISSIPLINêRE MAATREELS
Indien 'n leerder die Gedragskode oortree, sal die Skoolhoof of sy gedelegeerde(s) dissiplinêre aksie op een of meer van die volgende wyses teen die oortreders instel. Die aard van die oortreding en die rekord van die oortreder sal die graad van erns van die straf bepaal. Geen straf of dissiplinêre aksie kan die leerder se regte aantas of enige provinsiale of nasionale regulasie oortree nie.
6.1 'n Waarskuwing of teregwysing.
6.2 Tydelike verwydering uit die klassituasie.
6.3 Take wat straf of remediëring behels.
6.4 Vervanging van beskadigde eiendom/redelike vergoeding.
6.5 Bywoning van detensieklasse.
6.6 Kontak met ouers/voogde.
6.7 Verwysing na 'n dissiplinêre komitee,
6.8 Gemeenskapsdiens.
6.9 Berading.
6.10 Verwydering van voorregte, of toekennings.
6.11 Nietig verklaar van toetsVeksamenultslae (waar oneerlikheid ter sprake is).
6.12 Skorsing van gespesifiseerde skoolaktiwiteite.
6.13 Skorsing uit die skool (tydelik).
6.14 Uitsetting uit die skool (permanent).
7. OORTREDINGS WAT TOT SKORSING/ UITSETTING MAG LEI
7.1 Gedrag wat die veiligheid van andere in gevaar stel en hulle regte skend.
7.2 Die besit, dreigement of gebruik van 'n gevaarlike wapen.
7.3 Die besit, gebruik, oorhandiging of sigbare bewyse van dwelmmiddels of ongemagtigde middels, alkohol of bedwelmende middels van enige aard (sigarette).
7.4 Gevegte, aanranding of mishandeling.
7.5 Immorele gedrag of godslastering.
7.6 Die valse identifisering van sigself.
7.7 Skadelike graffiti, haattaal, seksisme en rassisme.
7.8 Diefstal of die besit van gesteelde eiendom.
7.9 Onwettige optrede, vandalisme of die vernietiging of ontsiering van skooleiendom.

7.10 Oneerbiedigheid, afkeurenswaardige gedrag en beledigende taal wat teen opvoeders of ander werknemers van die skool of teen leerders gerig is.
7.11 Herhaaldelike skending van skoolreëls of die Gedragskode.
7.12 Kriminele en onderdrukkende gedrag soos byvoorbeeld verkragting en teistering wat op geslag gebaseer is.
7.13 Verontregting, afknouery en intimidering van ander leerders.
7.14 Oortreding van eksamenreëls.
7.15 Die bewustelike en opsetlike verskaffing van valse inligting of die vervalsing van dokumentasie om 'n onregverdige voordeel by die skool te verkry.
7.16 Aanhoudende ontwrigtende en aanstootlike gedrag in die klaskamer of op die skoolterrein.
7.17 Terrorisering of intimidering van 'n personeellid (onderwyser).
8. DISSIPLINêRE PROSEDURE
8.1 Skorsing en uitsetting
8.1.1 'n Bestuursliggaam mag, na 'n billlke verhoor, enige leerder skors wat skuldig bevind is aan 'n oortreding van die bepalings in die Gedragskode:
(a) vir 'n periode van een week; of
(b) vir 'n redelike periode wat nie een week oorskry nie, in afwagting van 'n besluit deur die Departementshoof op aanbeveling van die bestuursliggaam of die leerder uit die skool gesit moet word al dan nie.
8.1.2 Die Skoolhoof of sy gedelegeerde mag volgens sy diskresie enige leerder wat hom/haar skuldig gemaak het aan ernstige oortredings, soos gelys onder 7.1 - 7.17, vir een of meer dae huis toe stuur (met skriftelike kennis aan sy ouer/voog) as waarskuwende strafmaatreël voordat 8.1.1 in werking gestel word.
8.1.3 'n Leerder wat uit die skool gesit is, of sy/haar ouer, mag binne sewe dae vanaf die besluit om hom/haar te skors by die Lid van die Uitvoerende Raad appél aanteken teen die besluit van die Departementshoof.
8.1.4 In gevalle van dissiplinêre oorplasing moet die Departementshoof 'n plek in 'n skool vir 'n leerder vind totdat die leerder ouer as die verpligte skoolbywoningsouderdom is, aangesien die reg van 'n leerder op basiese onderwys nie geskend kan word nie.
8.1.5 Alle besluite wat tot skorsing of uitsettlng uit die skool lei moet die toepaslike wette in aanmerking neem, byvoorbeeld 'n leerder wie se ouer nie in staat is om die skoolgelde soos deur die bestuursliggaam bepaal, te betaal nie, mag nie geskors word van klasse of uit die skool gesit word nie.
8.2 Regsvoorskrifte
8.2.1 Die Suid-Afrikaanse Skolewet maak voorsiening vir regsvoorskrifte wat 'n blllike verhoor insluit, voordat 'n leerder deur die bestuursliggaam uit die skool geskors mag word. Regsvoorskrifte waarborg 'n leerder 'n billike verhoor voordat 'n leerder vir 'n periode van een week geskors mag word of deur die Beheerliggaam uit die skool gesit mag word.
8.2.2 Enige leerder wat daarvan aangekla word dat hy/sy enige reël oortree het wat skorsing of uitsettlng uit die skool vereis, moet voor die Skoolhoof gebring word. Die Skoolhoof sal die getuienis aanhoor en dan besluit watter optrede gevolg moet word. Sodanige optrede moet insluit dat die skoolhoof die ouers skriftelik in kennis moet stel van die voorgestelde optrede en 'n billike verhoor deur 'n klein beslissingsraad, bestaande uit lede wat deur die bestuursliggaam aangewys is, moet reël. Hierdie beslissingsraad moet die leerder nie intimideer nie. Die ouers of voogde kan die leerders verteenwoordig of vergesel.
8.2.3 Die dissiplinêre komitee wat so aangestel word, moet die verhoor volgens die provinsiale regulasies, soos neergelê deur die Lid van die Uitvoerende Raad, hou.
8.2.4 Vir die verhoor moet die leerder -
(a) ingelig word oor die aanklagte, waarvan skriftelike kennis moet geskied ten mlnste vyf dae voor die tyd, wat ook die datum, tyd en plek van die verhoor moet aandui, en die leerder moet die aanklagte verstaan;
(b) sodanige besonderhede oor die aanklagte ontvang waartoe hy/sy volgens wet geregtig is, indien hy/sy dit sou versoek;
(c) die geleentheid gebied word om aangehoor te word en sy/haar kant van die saak te stel en om die tersaaklike feite voor te dra;
(d) nie verhoed word om deur 'n regspersoon verteenwoordig te word nie, in welke geval 'n skriftelike verduideliklng van die aanklagte verskaf moet word, of in minder ernstige gevalle, mag die leerder deur 'n lid van die Verteenwoordigende Raad van Leerders, 'n ouer, voog of opvoeder verteenwoordig of vergesel word;
(e) deur 'n onpartydige persoon of persone aangehoor word;
(f) met waardigheid tydens die proses behandel word;
(g) skriftelik van die besluit van die bestuursliggaam, of hy/sy skuldig is aan wangedrag al dan nie, in kennis gestel word, asook van die straf wat opgelê gaan word in die geval van skorsing of uitsetting uit die skool; en
(h) die reg he om in die geval van skorsing tot die Departementshoof en in die geval van uitsetting tot die Lid van die Uitvoerende Raad te appélleer indien hy/sy deur die besluit van die bestuursliggaam gegrief is.
8.2.5 Die bestuursliggaam moet 'n verslag oor die verrigtinge van die verhoor hou, en
(a) mag die Departementshoof skriftelik in kennis stel van sy besluit om 'n leerder te skors; of
(b) moet die Departementshoof in kennis stel, binne vier-en-twintig uur vanaf sy aanbeveling vir die uitsetting van die leerder uit die skool.