|
FISIESE WETENSKAPPE WINTERSKOOL |
|
Brandwag bied jaarliks 'n Fisiese Wetenskappe Winterskool aan in die laaste week van die Julie-vakansie. Die Winterskool vind plaas onder leiding van mnr. Peter Baxter van Brandwag.
Die doel van die Winterskool is om matrieks te help om so goed as moontlik voor te berei vir die eindeksamen. Fisiese Wetenskappe het Natuur- en Skeikunde vervang en is nog 'n betreklike nuwe vak. Nuwe modules moes dus opgestel word vir 2009 se Winterskool.
Mnr. Baxter het oor `n tydperk van 18 maande nuwe modules opgestel en tydens die Winterskool vir die Graad 12 leerders aangebied.
Altesaam 23 leerders van verskeie skole het die Winterskool bygewoon. Hierdie leerders van Riebeek College, Daniël Pienaar, Strelitzia, Newton Tegniese Skool en Brandwag was dit eens dat die Winterskool die moeite werd was om by te woon. Die ontspanne atmosfeer waarin die Winterskool gehou word, is voordelig vir die voorbereiding van die leerders vir die eindeksamen.
|