Ek is op soek na :
 
BRANDWAG AKADEMIE

 

 

In 'n verdere poging om matrieks met eksamenvoorbereiding te help en prestasie aan te moedig, het die skool in 2008 met 'n Brandwag Akademie begin.

 

Die Akademie vind plaas in Mei-maand. Die leerders word ondersteun om 'n hoër simbool in sommige vakke te behaal.  Gekeurde gr. 12-leerders word genooi om vier aande per week intensiewe aandklasse van 6-7pm by te woon.

 

Hierdie aandklasse word gratis deur ervare Brandwag-onderwysers vir Brandwag-matrieks aangebied om matrieks te help om beter voor te berei vir die Junie-eksamen en sodoende uiteindelik beter te vaar in die eindeksamen.

 

In 2009 het die akademie verder uitgebrei in terme van die hoeveelheid vakke en leerders wat betrokke was. Matriekonderwysers in sommige vakke het ook ekstra klasse aangebied vir leerders wat sukkel in die onderskeie vakgebiede.

 

Alhoewel die Akademie steeds in sy babaskoene is, het dit reeds baie positiewe resultate opgelewer.