Ek is op soek na :
 
INTERACT

 

 

 

VERSLAG VAN 2009

 

Hierdie jaar het ons sewe Interact-raadslede gehad - Ilané Bain, as president, Liskha Anderson as onderpresident, en dan die raadslede Nico Meyer, McDonald Bavuma, Lamees Barendse, Elana van Niekerk en Brunhilda Blumenthal.  Daar was 50 lede in die klub, die raad ingesluit.

 

Die jaar het afgeskop met die World Interact Week Celebration.  Vir dit moes ons `n brief aan `n Rotariërklub skryf om hulle aan te moedig om ook ondersteuning aan `n Interact-klub in hul omgewing te gee.  Saam met dit het ons vir `n praktiese projek die matrieks se ou skool skoene gekry en dit aan die CMR gegee.  `n Mens kan altyd op Brandwag se leerlinge staatmaak, want daar was `n paar sakke vol skoene.

Die nuwe jaar het aangebreek en onmiddelik het ons `n worsbroodjie-verkoping gehou.  Dit het vir ons `n lekker wins gemaak soos altyd.

 

Met Valentynsdag het ons `n sakkie soetgoed vir die kinders van die Greenfield sopkombuis gevat.  Net om daardie glimlaggende gesiggies te sien, het ons harte bly gemaak, maar dis nie al nie, die kinders het pragtig vir ons gesing om ons te verwelkom. 

 

Bill en Melinda Gates het internasionaal `n Purple Pinky Project begin vir polio.  Rotariërs het alle Interact-klubs genader om deel daarvan te wees.  Ons het besluit om dit te verander in `n Purple Cupcake Project.  Ons het pers kolwyntjies verkoop en het R1 000 ingesamel vir die projek.

 

Met paasfees het ons besluit om paaseiers en `n Bybelversie aan die kinders van Oosterland-kinderhuis op Despatch te gaan gee.

 

Vir nog `n geldinsameling het ons voorraadopname by Spiro Spar gedoen.

 

Met die Anibrandfees het ons `n kinderoppasdiens gehad.  Ons het verskillende aktiwiteite soos `n spingkasteel, trapfietsies, `n kralietjie stalletjie, ens. gehad om die feesgangers se kinders op te pas terwyl hulle die stalletjies verken.  Barney, Fiona en Shrek in menslike vorm was ook daar.  Met die fees het ons die voorreg gehad om pragtige hempies te dra wat Orpa Meijer se pa vir ons geborg het.

 

Laastens het ons ou klere ingesamel wat versprei is tussen mense wat dit rerig nodig het.

 

Die jaar het vinnig verby gagaan, maar alle goeie dinge kom tot `n einde.

   

ILANé BAIN

PRESIDENT 2008-2009