Ek is op soek na :
 
KOOR

 

 

Die koor het 2009 afgeskop met `n koorkamp aan die einde van Februarie in Jeffreysbaai.  Die kinders het hard geoefen en gees gebou.  Op 28 Mei is `n koorfees by Brandwag gehou waarheen verskeie skole in die omtrek genooi is.  Dit was `n groot sukses.  Op 30 Mei neem die koor ook deel aan die Despatch koorfees.

 

Op 23 en 24 Mei is die koor weer genooi om deel te wees van die Last Night of the Proms saam met die simfonie-orkes onder leiding van Richard Cox.  Dit was `n groot hoogtepunt vir die koor.

 

In Mei neem die koor deel aan die ATKV-applouskompetisie en behaal `n brons sertifikaat.

 

Die koor tree ook op 13 Augustus by die graad 8 – inligtingsaand op en behaal op 26 Augustus `n diploma (A++) by die Despatch Kuntefees.  Die koor neem afskeid van 16 matrieks aan die einde van 2009 en wil graag elkeen bedank vir sy besondere bydrae vanjaar.  `n Nuwe koorbestuur vir 2010 is reeds gekies.

 

I. SCHEEPERS - KOORLEIER