Ek is op soek na :
 
SKOOLKOERANT

 

 

 

Verslag 2009

 

 

Soos gewoonlik het die redaksie weer in 2009 drie uitgawes, een vir elk van die eerste drie kwartaale, van Sêma’so gepubliseer.

Die tweede kwartaal se uitgawe het gefokus op Brandwag se tweede agtereenvolgende Classic Clash oorwinning asook die uiters geslaagde Anibrandfees, wat díe uitgawe die hoogtepunt van die jaar gemaak het.

 

Tradisioneel verskyn Sêma’so nie in die vierde kwartaal nie, maar publiseer die redaksie die matriekjaarblad wat op die matieks se laaste skooldag aan hulle uitgegee word.

 

As deel van die Anibrandfees was Brandwag se redaksie weereens gasheer vir `n skoolkoerantkursus aangebied deur Media24 op 21 Mei 2009 in die skoolsaal.  Altesaam 85 leerlinge het die kursus bygewoon en baie geniet.

 

Die span van Media24 het baie positiewe kommentaar oor Sêma’so gelewer en onder meer die koerant se uitleg, samestelling, foto’s en advertensies geprys.

 

Dit was verblydend dat 37 van die kursusgangers van Brandwag was.

 

Die redaksiekursus is van groot waarde vir veral voornemende redaksielede en bring ook geld in vir die redaksie.

 

Ander skole wat leerlinge gestuur het, is Hoërskool Andrew Rabie, Hoërskool Nico Malan, Hoër Tegniese Skool Daniël Pienaar en Laerskool Stulting.

 

Die redaksie het in die eerste en tweede kwartaal onderskeidelik `n selfoon en `n mp3-speler in kompetisies weggegee om koerantverkope te verhoog.

 

Die tweede kwartaal se koerant het ook `n volledige koshuisblad ingesluit, iets waarvoor die kinders pertinent gevra het.

 

Ten spyte van bogenoemde kan die verkope van die koerant nog heelwat verbeter. Die verkoop van advertensies om die koste van die koerant te bestry, is natuurlik ten minste deels afhanklik van verkoopsyfers. In díe verband sal die redaksie in 2010 ondersoek instel oor hoe verkope verhoog kan word.

 

Tydens die verloop van die derde kwartaal is die nuwe redaksie vir 2010 aangewys. `n Stortvloed van aansoeke het gelei tot `n moeilike proses om te besluit wie op die redaksie sou dien, maar die groot belangstelling is verblydend.

 

Die 2010 redaksie is soos volg:

 

Redakteur:   Melandie de Jager
Assistent Redakteur:   Leandri Wolmarans
Hoofredaksie: Chantel de Koning
Ruhan Fourie
Lisa Skein
Carla van den Berg
Redaksielede: Ingrid Erasmus
Ninine Erasmus
Anze Ferreira

Thomas Janse van Rensburg

Zene Jonker
Abigail Miles
Angie Mostert
Sharlize Potgieter
Corlia Rens
Unika Schonken
Lizandri van der Merwe
Larika van Vuuren

                  

 

In 2010 sal redaksielede ook inligting insamel en berigte skryf vir publikasie op die skool se webtuiste.

 

Laastens is die voorstel aan die kultuurkomitee voorgelê dat die redakteur van die skoolkoerant `n swart baadjie en balkie kry, soos eerstespanne in sport.  Die denke agter die voorstel is die erkenning van die redakteur se harde werk en `n aanmoediging tot prestasie vir jonger leerlinge.