|
Verslag 2009:
Daar is min dinge wat soveel breinenergie verg en vir soveel opwinding sorg as die woordkuns.
Benewens die interne redenaarskompetisie waar Rubenette Levenstein as beste senior redenaar en Chenique van Heerden as beste junior redenaar aangewys is, het vier van ons leerlinge ook aan die eerste rondte van die Nasionale ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem.
Lamees Barendse, Rubenette Levenstein, Chenique van Heerden en Neline Badenhorst het hulle baie goed van hul taak gekwyt en was almal ware ambassadeurs vir Brandwag. Rubenette het deurgedring na die onvoorbereide rondte, maar het teen sterk kompetisie uitgeval.
Lamees sal beslis volgende jaar gemis word. Sy was dwarsdeur haar hoërskoolloopbaan `n getroue deelnemer en ons hoop dat sy as gesoute redenaar, ook aan studente of volwasse redenaarskompetisies sal deelneem.
Brandwag het weer vanjaar aan die Nasionale ATKV-debatskompetisie deelgeneem. Ruhan Fourie en Danie Strydom het Brandwag se naam hoog gehou, maar is op `n puntebasis uitgeskakel.
Die junior debatspan, bestaande uit Unika Schonken, Ronnie Strydom en Larika van Vuuren, het egter nie net hulle rondte gewen nie, maar op `n puntebasis deurgedring na die finale rondte te Wellington. Daar het hulle ook hulle rondte gewen, maar op `n puntebasis uitgeval. Baie geluk aan die jongelinge wat waardevolle ervaring opgedoen het.
Albei spanne behoort volgende jaar voort te bou op vanjaar se sukses.
Mag die goeie woord altyd seëvier.
Q. GOOSEN
|