Ek is op soek na :
 
GHOLF

 

Verslag 2009:

 

Die jaar het afgeskop met die hoërskoleliga waarin Brandwag twee spanne ingeskryf het.  Die eerstespan het goeie gholf gespeel en derde in die A-liga geëindig.  Die tweedespan het ook goed gevaar met die meerderheid van spelers wat beginners is.

 

Heelwat van Brandwag se spelers het provinsiale kleure verwerf: 

 

 

Siegmund Human

 

OP o/18

 

OP o/18

 

OP Platteland

 

 

 

Vico Kuhn

Interprovinsiale Toernooi in Bloemfontein (Desember)

 

OP o/16

Seshoekige Provinsiale Toernooi – St. Francis Links

 

OP o/18

Interprovinsiale Toernooi

 

 

 

 

Ronald Baxter

 

OP o/14

Seshoekige Provinsiale Toernooi – Aliwal-Noord en St. Francis Links

 

OP o/16

Interprovinsiale Toernooi in Bloemfontein (Desember)

 

 

 

 

Quintus Barnard

 

OP o/16

Fish River Sun Challenge

 

 

Seshoekige Provinsiale Toernooi – Aliwal-Noord en St. Francis Links

 

Jurgens van Onselen

 

 

OP o/14

 

 

Seshoekige Provinsiale Toernooi – St. Francis Links

 

 

Fish River Sun Challenge

 

Baie geluk aan hierdie spelers.  Dit is regtig `n puik prestasie, aangesien slegs agt spelers in die provinsie per span gekies word.

 

Brandwag se gholfkampioenskappe is vroeg in die derde kwartaal gehou.  Die formaat hiervoor het bestaan uit 18 putjies houespel.  Die top agt spelers speel hierna putjiespel oor 18 putjies.

 

Die uitslae was soos volg:

 

Naaswenner van die Houespel

Siegmund Human

Wenner van die Houespel

Vico Kuhn

Naaswenner van die Putjiespel

Vico Kuhn

Wenner van die Putjiespel en

Brandwag se Gholfkampioen vir 2009

Siegmund Human

 

Siegmund Human is ook die Uitenhage Gholfklub se Kampioenspeler van die Jaar.  Hy neem ook deel aan die Kampioen-van-Kampioene toernooi op Zebula.

 

Brandwag se A-span is nog baie jonk en die potensiaal van hierdie span veroorsaak dat ons uitsien na `n opwindende 2010 seisoen.

 

Die jaarlikse Brandwag Ope Gholfdag is hierdie jaar aangebied op 24 September.  Hierdie Gholfdag word allerweë op Uitenhage beskou as die beste borgdag op die Gholfklub se kalender.  `n Vol veld van 240 spelers het die dag geniet en die dag is weereens as geslaagd beskou.  Ons wil baie dankie sê aan al die borge, ondersteuners, personeel, ouers en spelers wat dié dag `n groot sukses gemaak het.

 

Sterkte vir die volgende seisoen.

 

E. DU PLESSIS