|
Verslag 2009
Hokkie by Brandwag is kerngesond en die spanne presteer.
Tien spanne het vanjaar in die onderskeie ligas gespeel. Spanne oefen twee maal per week en wedstryde word een maal per week gespeel.
OP-hokkie keer stadig maar seker terug na normaal en verskeie spelers neem deel aan OP-proewe. Baie geluk aan Almia Wentzel, OP o/18A, Hanré Enslin, o/18B en Marcelle Koetaan o/18C met jul verkiesing tot OP-spanne. Brandwag is trots op sy OP-spelers.
Baie dankie aan die meisies wat gereeld oefen en met entoesiasme speel. Dankie aan lojale ouers wat ons deur dik en dun ondersteun. `n Besondere dankie aan al ons borge vir julle finansiële bydraes.
Die eerste span spog vanjaar met skitterende oorwinnings oor spanne van Riebeeck, D.F. Malherbe, Framesby en Nico Malan. Baie geluk ook met `n skitterende gelykopuitslag teen die sterk span van Pearson. Die o/16A-span van wie sommige spelers maar vir `n klein rukkie hokkie speel, is vanjaar onoorwonne. Ons sien uit na die 2010-seisoen.
A. MEYER
|