Verslag 2009
Krieket by Brandwag groei jaarliks van krag tot krag. Nuwe projekte word jaarliks aangepak en met groot sukses afgehandel.
Die eerste span neem jaarliks deel aan `n toernooi gedurende die September vakansie te Mosselbaai. Henk en Schalk Conradie asook Mario Mowers neem deel aan OP o/15 proewe. Dit is die meeste deelnemers van `n enkele Afrikaanse skool. Lester Harrop, Franz Botha en Viljee Kruger neem deel aan OP o/17 en o/18 proewe.
Die sewe Brandwag krieketspanne het almal weer in die topliga gespeel. Die junior spanne speel goeie krieket en dit toon mooi beloftes vir die toekoms.
Die eerstespan het reeds in Januarie teen Union High en Cradock deelgeneem.
`n Projek vir die komende jaar is die opgradering van bestaande kolfblaaie. Dit is werklik `n bewys van entoesiasme en hoe belangrik ons krieket ag. Baie dankie ook aan ons borge. Dankie aan ons seuns vir goeie gedrag, dissipline en toewyding.
J. MEYER
|