Ek is op soek na :
 
RUGBY 2009

 

Brandwagrugby gaan steeds van krag tot krag.  Sedert 1937 is Brandwag een van die toonaangewende rugbyskole in die Oos-Kaap en vanjaar was geen uitsondering nie.

 

Nie alleen is ons die afgelope vyf jaar onoorwonne in die Mr. Price-Brandwag-rugbytoernooi nie, maar wen ons ook die tweede agtereen-volgende jaar die Classic Clash wedstryd teen Daniël Pienaar (35 -10).  Om die kersie op die koek te plaas, klop ons ook Framesby (26 -7) in die jaarlikse interskole wedstryd.  Die eerste span eindig ook 19de op die nasionale rugbyranglys vir hoërskole in Suid-Afrika.

 

Die junior spanne het ook vanjaar gewys dat goeie rugbyjare nog voorlê en dat ons met vertroue vorentoe kan kyk.  By verskeie geleent-hede het die o/14A, o/15A en 2de span saam met die eerste span met sterk opponente afgereken.

 

Vier spelers word vanjaar gekies vir die OP o/18 Cravenweek.  Baie geluk aan Franz Botha (onder kaptein), Dillon Hopshire, Heinrigh Leonard en Emile Klassen vir wie hierdie eer te beurt geval het.  Darren Donley haal die OP o/18 Akademie span terwyl Joseph Anderson tot die OP o/19 –span verkies is.

 

Baie dankie aan al die afrigters (J. Erasmus, A. van der Merwe, E. Du Plessis, J. Cilliers, C. Van Schalkwyk, F. Anker en C. Hurter) vir hulle entoesiasme en tyd opgeoffer wat aan die seuns die geleentheid te gegee het om die genoemde prestasies te behaal.

 

Mnr. C. Van Schalkwyk en C. De Vos het ook onlangs die vlak 1 afrigterkursus afgelê om op hoogte te bly met die nuutste ontwikkeling en rugby tendense.

 

Ons is ook groot dank verskuldig aan ons oudrugbyspringbokke Polla Fourie en Johann van der Merwe, vir hulle volgehoue belangstelling en ondersteuning.  Hulle het by meer as een geleentheid as motiveringsprekers voor belangrike wedstryde die rugbyseuns te woord gestaan.

 

Ons het vanjaar agt spanne in die verskillende ligas ingeskryf en bykans 80% van alle wedstryde gewen.  Brandwag-rugby is kerngesond en groot planne is reeds in die pyplyn vir aanstaande jaar.

 

Dit is ons mikpunt om Brandwag-rugby volhoubaar te ontwikkel met  begrip van die skool se ryke verlede en trotse rugbytradisies.

 

Die beste span...

 

F. ANKER