Ek is op soek na :
 
SWEM 2009

 

Soos gebruik het Brandwag die jaarlikse swemgala op 13 Februarie 2009 by die dorp se swembad gehou.  Dit is slegs `n interlaer kompetisie en die leerlinge kompeteer steeds op `n gesonde vlak.  Die geleentheid  bevorder die reeds goeie gees onder die Brandwagters.  Die De Wet laer het vanjaar geseëvier en in die dorp-koshuis item het die dorpspanne gewen.  Tydens die byeenkoms het Frank Greeff `n uitsonderlike vyf rekords verbeter.

 

Al bied Brandwag nie swem as skoolsport aan nie, is daar gereeld `n Brandwagter wat provinsiale kleure in swem verwerf.  Frank Greeff het weereens op provinsiale sowel as nasionale vlak presteer:

  • SA Skole Kampioenskappe – Onder 19 ouderdomsgroep (5-7 Maart; Durban)
1. 100m Vryslag: Goud (SA skole rekord o/19)
2. 400m Vryslag: Goud
3. 200m Vryslag: Silver
4. 400m Wisselslag: Brons

 

     

  • SA Junior Kampioenskap (13 – 17 Maart; Sasolburg)
1. 100m Vryslag: Goud
2. 200m Vryslag: Goud
3. 400m Vryslag: Goud
4. 50m Vryslag: Silwer
5. 200m Wisselslag: Brons
6. 100m Vlinderslag: Brons  (OP-Rekord vir 16 jariges)

 

      

  • SA Senior Nationale Kampioenskap
  1. Neem deel aan sewe items en eindig in top 10 vir vyf items
  2. Behaal finaal in 200m vryslag
  3. OP-ope rekords in 200m vryslag en flinderslag

 

Hy verbeter OP rekords in die volgende items in die 16 jarige ouderdomsgroep:

  1. 100m Vryslag (2 maal) – ook SA skole rekord onder 19
  2. 200m Vryslag (2 maal)
  3. 400m Vryslag
  4. 800m Vryslag
  5. 200m Vlinderslag (2 maal)
  6. 100m Vlinderslag (3 maal)

 

Sy tye in die 100, 200 en 400m vryslag is ook die vinnigste op papier vir 16 jariges in SA die afgelope seisoen.

 

In die oop water kompetisie eindig Frank 3de algeheel in die Redhouse Riviermyl en eerste uit die Oos-Kaap deelnemers. Hy eindig ook tweede in die Ocean Series reeks ten spyte daarvan dat hy vier van die byeenkomste misgeloop het weens ander verpligtinge. (Uit die ag byeenkomste waaraan hy deelneem, wen hy 6 en eindig twee maal 2de).

 

By die OP-Swem prysuitdeling ontvang hy toekennings as die top OP swemmer in die 400m en 800m vryslag, 400m wisselslag asook die 200m vlinderslag. Hy word ook aangewys as Senior Victor Ludorum swemmer vir die jaar.

 

Frank word ook opgeneem in die OP Akademie vir Sport. Een van slegs ses swemmers wie die eer te beurt val.

 

Op 7 en 8 Augustus 2009 neem hy  in Pietermaritzburg aan die SA Kortbad Kampioenskap deel. Hy beleef `n baie suksesvolle tyd  en presteer as volg:

 

200m Wisselslag 4de
200m Vryslag 5de
50m Vryslag 6de
100m Vryslag 8ste
100m Wisselslag 10de

 

Hy kwalifiseer ook met sy tyd in die 200m wisselslag om van 17 – 18 Oktober in Durban aan die kortbad wêreldkampioenskap deel te neem.

 

 

Q. GOOSEN