|
Die Oudskolierebond het hierdie jaar op papier `n baie rustige jaar beleef. Ons was egter baie bedrywig met stappe om die Bond in die rigting te stuur, soos wat die vorige komitee al besluit het. Die werk van die vorige komitee het hierdie taak vir ons aansienlik vergemaklik. Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om hul vir hul onbaatsigtelike bydrae tot die Hoërskool Brandwag te bedank, veral die vorige voorsitter, Deon-Jacques Pieterse. Dit word opreg waardeer.
Die 17de jaarlikse Sport- en Reünienaweek het van 28-30 Augustus 2009 plaasgevind. Die klasse van 1984,1989, 1999 en 2004 het reünies gereël. Die naweek was `n reuse sukses en is baie goed ondersteun. Die erediens op Sondag 30 Augustus is in die N.G. Kerk Uitenhage Noord gemeente gehou. Die kollekte by die deure is aan die skool se VCSV geskenk.
Ek wil graag van die geleentheid gebruik om al die bestuurslede te bedank vir hul reuse bydraes. Dit bly die fondament wat die Bond `n sukses maak. Baie dankie ook aan elke donateur en borg waarsonder die Sport- en Reünienaweek nie kon plaasvind. Groot dank aan die skoolhoof, mnr W. Meyer, en sy personeel vir al die hulp en ondersteuning.
Ons is `n redelike jong komitee in vergelyking met ander skole. Ons hoop dit kan, met die leiding en ondersteuning van die meer ervare, gepaard met ons jeugdige visie, die Oudskolierebond van krag tot krag laat gaan.
Die bestuurskomitee vir die afgelope jaar het soos volg daaruit gesien:
| Voorsitter: |
Janu Hancke |
| Ondervoorsitter: |
Visser Naudé |
| Sekretaris: |
Karen Pienaar |
| Tesourier: |
Alex Wait |
| Addisionele lede: |
Deon-Jacques Pieterse |
|
Gideon Goosen |
|
Francois Anker |
|
Linda Britz |
Ons hoop om die komende jaar ons skool se leuse van U dienswillige dienaar uit te leef, en sodoende `n positiewe bydrae tot die skool te kan lewer. Voorspoed vir al die matrieks van 2009 met hul eindeksamen en hul lewenspad vorentoe.
Mag u almal `n wonderlike en Geseënde Kerstyd saam met u geliefdes geniet en `n voorspoedige 2010.
J. HANCKE
|