Ek is op soek na :
 
KOSHUISE 2009

 

Wat `n gebeurvolle jaar was dit nie!  Brandwag se koshuise kan motivering en krag put uit `n ryke tradisie wat oor die jare deur die koshuisinwoners en leierskapspan van die skool geskep en gehandhaaf is.  Die ekonomie beleef seker een van die grootste finansiële krisisse in die geskiedenis, `n ware resessie, maar steeds hou ons kop bo water, danksy grootse en getroue pogings van `n uiters lojale en gemotiveerde ouerkorps, personeel en leerlinggroep.

                                                

Nie eers die skok van die brand by die seunskoshuis einde verlede jaar kon die koshuisbrakke se gees demp nie en ons kyk sedertdien met meer ywer as ooit vorentoe!  Een van die vernuwende stappe wat die koshuis onderneem het om geld te spaar, was die aanstel van `n nutsman om basiese instandhouding en herstelwerk te doen.  Dit voorkom dat ons ten duurste vir dienste deur professionele kontrakteurs en ambagsmanne moet betaal.  Ons verwelkom dan ook in hierdie verband by ons koshuisgeledere vir mnr. Johan de Freay.

 

Enkele hoogtepunte op ons jaarkalender was beslis weer die koshuisbal, wat ons koshuiskinders terdeë geniet het.  Die koshuisbasaar het ons stoutste verwagtinge oortref en selfs beter as verlede jaar afgeloop in terme van fondsinsameling.  Ons druk dit egter op elke ouer se hart om ons by te staan met die koshuisleerlinge deur hulle voortdurend aan besparingsmaatreëls te herinner – die ekonomie druk maar oral, ook by die koshuise, en ons kan nooit genoeg bespaar nie.

 

Koshuisleerlinge se groot inset in die skool kon vanjaar weer op verskeie gebiede waargeneem word.  Ons noem graag die volgende prestasies van ons koshuisseuns en –dogters:

 

Leerlingraad:         

 

 

Corrie Clasen (hoofseun),Eben Barnard, Tiaan Clasen, Ewald van der Merwe, Lester Harrop, Joel Erasmus, Anzé Ferreira, Mariaan Dorfling, Orpa Meijer, Mareli Meyer, Madelein Potgieter, Monique Toois.

Sport :

 

 

Corlia Rens (OP atletiek), Franz Botha (rugby OP Cravenweek en onderkaptein), Heinrich Leonard (rugby OP Cravenweek), Dillon Hopshire (rugby OP Cravenweek), Hanré Enslin (hokkie OP B-span), Almia Wentzel (hokkie OP A-span). 

Kultuur:

 

Melandie de Jager (redakteur, skoolkoerant)

 

Akademie Top 10:

 

 

Corrie Clasen (no 1 in sy graad), Thomas Janse van Rensburg (no 1 in sy graad), Chantel de Koning (no 1 haar graad), Elandré van der Merwe, Corlia Rens, Alicia Oberholzer, Orpa Meijer, Mariska Muller, Lanel van der Merwe, Mario Ferreira.

 

Die koshuis bly `n integrale deel van die skool en sal ywerig voortbou

aan dieryke tradisies daargestel deur ons voorsate.  Sterkte aan al ons

leerlinge in die koshuis met die finale eksamen.  Ons bly bou aan “die

band van grys en groen”.

 

God is by diegene wat met geduld volhard

Arabiese spreekwoord

 

 

J. ERASMUS

SUPERINTENDENT