|
Onder die leiding van mnr. Faan Terblanche het Brandwag in 2010 'n nuwe tradisie begin, 'n braai vir die nuwe graad 8's en hul ouers. Die braai was 'n reuse sukses en talle ouers en leerders het tot laat saam met die onderwysers by die lapa gekuier. Dit was 'n uitstekende kans vir al die nuwelinge om deel van die band van grys en groen te word.
|