|
Brandwag bied jaarliks 'n Skaak-Ope aan waartydens 'n groot groep talentvolle skaakspelers 'n hele naweek lank in absolute stilte teen mekaar meeding. Pryse word toegeken aan die eerste drie plekke per ouderdomsgroep en ook vir die beste hoër- en laerskoolspelers. Dit is 'n gegradeerde toernooi en inskrywings kom van oral.
|