Ek is op soek na :
 
1STE KRIEKETSPAN 2010

 

anton_kruger8     

Brandwag se 1ste krieketspan beleef 'n uitstekende 2010 seisoen. Lees hier meer oor hulle talle suksesse sover.

BRANDWAG VS ST DOMINICS (20 Februarie 2010)

Lester Harrop het sy 2de honderdtal van die jaar aangeteken toe Brandwag teen St Dominics gewen het met 163 lopies. Lester het 133 geslaan en is goed bygestaan deur sy kaptein Viljee Kruger (32) en Stephan Deyzel (34 nie uit nie). Die beste boulers was Juan Higgs (4 vir 2) en Mario Mowers (3 vir 1). Brandwag het eerste gekolf en 267 vir 10 aangeteken. St Dominic's was almal uit vir 104. Hierdie uitstekende vertoning deur die 1ste XI is ten spyte van die feit dat die span moes klaarkom sonder Franz Botha en Anrich Nortjé wat saam met 'n uitnodigingspan tans in Indië aan 'n toernooi deelneem. Lester Harrop het vroeër hierdie jaar ook 133 teen Framesby geslaan.

anton_kruger1
anton_kruger3

BRANDWAGTERS NA INDIë

Twee Brandwag-krieketspelers, Franz Botha en Anrich Nortjé, is in 'n skole-krieketspan van die Nelson Mandela Metro opgeneem en is tans in Indië waar hulle aan die World India Future League Afro-Asia Cup gaan deelneem. Die span is saamgestel deur die voormalige Protea en O.P. speler Nantie Hayward. Die toernooi word van 23-28 Februarie gespeel en die ses spanne wat deelneem is Indië, Pakistan, Sri Lanka, Bangladesh, Zimbabwe en Suid-Afrika.

BRANDWAG VS WOODRIDGE (13 Februarie 2010)

Brandwag se 1ste krieketspan is aan die brand. Na oorwinnings oor Framesby, Cradock, Kirkwood en Grey, het die 1ste XI nou ook Woodridge op sy kerfstok. Brandwag het eerste gekolf en 158 vir 9 aangeteken. Die beste kolwers was kaptein Viljee Kruger (31), Franz Botha (31), Lester Harrop (32) en Corrie Clasen (17). Met die bal het Anrich Nortjé 2 paaltjies geneem en Henk Conradie (regs) het uitgeblink met 3 paaltjies vir 18 lopies in 10 beurte. Franz Botha neem 2 vir 31 in 9.2 beurte, Wynand Bezuidenhout neem 1 vir 18 in 8 beurte, Lester Harrop neem 1 vir 10 in 5 beurte en Mario Mowers neem 1 vir 16 in 2 beurte. Woodridge was almal uit vir 138 na 46 beurte. Brandwag wen dus met 30 lopies. 

henk_boul
viljee_kolf

BRANDWAG VS GREY (6 Februarie 2010)

Viljee Kruger het 'n ware kapteinsbeurt gespeel toe hy ten spyte van 'n besering 33 lopies aangeteken het in die 1ste krieketspan se oorwinning oor Grey. Franz Botha het ook 33 onoorwonne lopies bygedra. Grey het eerste gekolf en 99 lopies aangeteken. Brandwag se beste boulers was Mario Mowers (3/20 in 6 beurte), Franz Botha (3/7 in 5 beurte) en Henk Conradie (0/13 in 8 beurte). Franz Botha en Corrie Clasen het elk twee vangskote geneem en Schalk Conradie het twee kolwers uitgehardloop. Viljee Kruger het ook twee kolwers gestonk. Brandwag wen die kragmeting met sewe paaltjies.

BRANDWAG WEN 1STE DRIE WEDSTRYDE

Brandwag se 1ste krieketspan het die jaar uitstekend afgeskop deur hul eerste drie wedstryde te wen. Brandwag het reeds op 8 Januarie vir Framesby met 130 lopies afgestof. Lester Harrop het 'n ongelooflike 133 lopies tydens hierdie oorwinning aangeteken. Net die volgende dag het die eerste span vir Kirkwood met 119 lopies verslaan. Daarna het Brandwag ook op 16 Januarie met 72 lopies gewen teen Cradock (Asanta Sana). 

anton_kruger5

 

 

 

 

Brandwag vs Framesby

Brandwag kolf eerste: 304/6

Lester Harrop: 133
Joel Erasmus: 39
Viljee Kruger: 36
Schalk Conradie: 27 nie uit nie
Framesby: 174/9 Anrich Nortje: 9 beurte - 3/23
Franz Botha: 9 beurte - 2/40
Brandwag wen met 130 lopies

Brandwag vs Kirkwood dorp

Brandwag kolf eerste: 238/9 Franz Botha: 49

Viljee Kruger: 44

Lester Harrop: 25
Kirkwood: 119/10 Henk Conradie: 5 beurte - 4/21
Anrich Nortje: 6 beurte - 3/13
Lester Harrop: 9 beurte - 3/20
Brandwag wen met 119 lopies

Brandwag vs Cradock (Asanta Sana)

 

Brandwag kolf eerste: 188/8

Viljee Kruger: 45

Corrie Clasen: 43 nie uit nie
Franz Botha: 33
Cradock: 116/10 Franz Botha: 6 beurte - 6/16
Lester Harrop: 7.2 beurte - 2/27
Viljee Kruger: 2 vangskote en 2 stonk
Brandwag wen met 72 lopies