Ek is op soek na :
 
O/15's WEN SEWES

 

Brandwag se o/15 Sewesspan het aan die einde van 2009 die o/15 beker gewen by die Nelson Mandela Baai Sewestoernooi wat by die NMMU gehou is.

 

Die toernooi het van Vrydag 4 Desember tot Sondag 6 Desember 2009 plaasgevind. Spanne van 'n groot klomp rugbyskole in die Oos-Kaap, soos Grey, Framesby, Brandwag en Daniël Pienaar, asook spanne uit Gauteng, het deelgeneem in verskillende ouderdomsgroepe van o/11 tot senior.

 

 

DIE BRANDWAG O/15'S SE UITSLAE 

Vrydag 4/12/2009                    Junior_Sewes
vs Andrew Rabie 19-12
vs Otto du Plessis 42-0
Saterdag 5/12/2009
vs Grey 26-10
Sondag 6/12/2009
Semi-finaal: vs Daniël Pienaar (Uitnodigingspan)        17-14
Finaal: vs Framesby 19-12
                                                                                              

Op die foto is die o/15 span wat die sewestoernooi by die

NMMU gewen het met hul trofee. Agter regs is hul afrigter

mnr. Christiaan van Schalkwyk. Voor in die middel is

Matthew Moore wat as spanbestuurder opgetree het.