Brandwag se landloopspan toer elke Junievakansie na Knysna waar hulle saam met atlete van oraloor die land aan ’n verskeidenheid wedlope deelneem. 

Roetes in die Featherbed-natuurreservaat is vanjaar aangepas as gevolg van verlede jaar se verwoestende brande. Atlete is behoorlik uitgedaag met ’n pad strandlangs pad vanaf Buffelsbaai tot by Brenton en oor die treinspoor tot by die Knysnameer.

Morné van der Berg, wat o.14 is, het ’n algehele tiende plek behaal in die 11km Seahorse-wedloop waaraan bykans 150 mansatlete deelgeneem het. Nalize van Straaten, ook o.14, het in dieselfde wedloop algeheel sewende in die vroueafdeling geëindig. Keanu Domingo (o.16) wat die Brandwagspan vergesel het, was die algehele wenner van die Seahorse-wedloop. In die 15km Coelacanth-wedloop het De Wet Westraadt ’n 18de plek tussen sowat 120 mansatlete behaal. Brandwag se seunspan het ook die SWD se 4 x 400 meter aflos gewen.

Tussendeur was daar ook kans vir ’n bietjie stilstaan by die Knysna Olifantpark en Monkeyland buite Plettenbergbaai.

nha cai uy tin , nha cai uy tin , tap chi me va be , casino truc tuyen , casino uy tin , casino tot nhat , danh bai , poker online , casino , bao ve viet nam , bao ve viet nam , suc khoe , thoi trang nam 2014 , suc khoe 2014 , shop thoi trang , tin tuc thoi trang phim le , hi tech , tin cong nghe , cong nghe , thoi su , tin moi , thoi trang , the gioi smartphone , cong nghe , may tinh bang gia re , dien thoai , su kien , game mobile , nghe si viet , the gioi nhac , nha cai , dien dan bong da , best bookies, clevermart.vn , goldcare.vn , phonereview.vn , tinhangngay.vn , sieuthisachnoi.com , doctruyentranh.tv , kinhthongminh.org , thietbithongminh.tv , sieuthithietbiso.org ,