Die jaarlikse oudskoliere reünienaweek word gewoonlik in die derde kwartaal (naastenby in Augustus) gehou.

Dis ongelukkig nie moontlik om die reünienaweek elke jaar op dieselfde naweek te hou nie, maar die datum sal telkens teen Januarie op die skool se webwerf beskikbaar wees.

Indien u vroegtydig reëlings met u jaargroep wil tref, stuur gerus ’n e-pos sodat ons u kontakbesonderhede hier kan publiseer.

 

Jaargroepe wat in 2019 byeenkom

 

Let wel

Ondervinding het ons geleer dat jaargroepe verkies om op die Vrydagaand hul eie byeenkomste te reël. As gevolg hiervan word die Vrydagaand dikwels oopgelaat vir jaargroepe se eie byeenkomste.

 

Reünies: Wat jy moet weet

  • Die jaarlikse reünie se hoofbyeenkoms op die Saterdagaand word deur die skool gereël en maak voorsiening vir alle jaargroepe. Daar’s oorgenoeg plek vir almal om saam met hul eie groepe te kuier, maar ook as ’n geheel te sosialiseer.
  • Die skool kan ongelukkig nie aparte reünies vir spesifieke jaargroepe reël nie.
  • Brandwag probeer reünies vir oudskoliere bekostigbaar maak.
  • Die skool het ongelukkig nie naamlyste of kontakbesonderhede vir oudskoliere nie.
  • Indien u ’n jaargroep verteenwoordig en reëlings omtrent u byeenkoms op die skool se webwerf wil plaas, stuur gerus vir ons ’n e-pos.
  • Besoek gerus ons Facebook-blad by http://www.facebook.com/Brandwag.co.za.
  • Brandwag gebruik tans ’n nuwe app. Kyk vir AWSUM in die playstore en kies Die Brandwag Hoërskool.

 

Tans volg die reünienaweek jaarliks naastenby die volgende formaat

  • Vrydagaand – Jaargroepe hou hul eie byeenkomste.
  • Saterdag – Oudskoliere kan Brandwag se rugby-, hokkie- en netbalspanne vanaf vroegoggend in aksie sien. Eet- en drinkgoed is by stalletjies beskikbaar.
  • Saterdagaand – Die hoofbyeenkoms met ’n ete en kontantkroeg vir alle jaargroepe op die hoofrugbyveld. Die area bied genoeg spasie vir jaargroepe om saam te kuier, terwyl hulle ook met ander oud-Brandwagters kan sosialiseer.
  • Sondagoggend – Kerkdiens by die NG Noord-gemeente.

 


We must use time wisely and forever realise that the time is always ripe to do right.

Nelson Mandela



nha cai uy tin , nha cai uy tin , tap chi me va be , casino truc tuyen , casino uy tin , casino tot nhat , danh bai , poker online , casino , bao ve viet nam , bao ve viet nam , suc khoe , thoi trang nam 2014 , suc khoe 2014 , shop thoi trang , tin tuc thoi trang phim le , hi tech , tin cong nghe , cong nghe , thoi su , tin moi , thoi trang , the gioi smartphone , cong nghe , may tinh bang gia re , dien thoai , su kien , game mobile , nghe si viet , the gioi nhac , nha cai , dien dan bong da , best bookies, clevermart.vn , goldcare.vn , phonereview.vn , tinhangngay.vn , sieuthisachnoi.com , doctruyentranh.tv , kinhthongminh.org , thietbithongminh.tv , sieuthithietbiso.org ,