Die Hoërskool Brandwag se toppresteerders in sport is laat verlede jaar tydens die skool se Sportdinee aangewys.

Heike Groenewald en Francois Spamer het die Brandwag-trofeë vir onderskeidelik die beste junior en senior sportprestasie ontvang. Heike het die Oos-Kaap-atletiekspan by die SA Hoërskole kampioenskap verteenwoordig en ’n vierde plek in gewigstoot vir o.15-meisies behaal. Francois het by dieselfde byeenkoms die vyfde plek in gewigstoot in die o.17-afdeling vir seuns behaal.

Donna-Leigh Douglas is aangewys as die junior sportvrou van die jaar. Sy het by die SA Hoërskole kampioenskap aan die 400-meter deelgeneem en is gekies vir die Oos-Kaap se o.14-netbalspan, waarvan sy ook die kaptein was. Die junior sportman van die jaar was Richard Kunneke. Hy was ’n lid van Brandwag se atletiekspan wat aan die streekbyeenkoms deelgeneem het en het vir die o.15A-rugbyspan uitgedraf. Hy het ook vir die o.15A-krieketspan gespeel en was die kaptein van Brandwag se eerste tennisspan. Hy het ook OP-kleure vir tennis verwerf.

Anja de Beer is aangewys as die senior sportvrou van die jaar. Anja het uitgeblink vir die skool se eerste netbalspan en die finale provinsiale proewe gehaal. Sy was ook kaptein van die eerste tennisspan en het die OP op die tennisbaan verteenwoordig.

Die senior sportman van die jaar was Octavian Muller. Hy het by die OP Hoërskole atletiekkampioenskap aan verspring deelgeneem, was kaptein van die derde krieketspan en ’n lid van Brandwag se sewesspan. Octavian was ’n sterspeler in Brandwag se eerste rugbyspan en het by Cravenweek vir die OP-span uitgedraf.

Op die foto is, van links, Francois, Donna-Leigh, Octavian, Heike, Anja en Richard. 

nha cai uy tin , nha cai uy tin , tap chi me va be , casino truc tuyen , casino uy tin , casino tot nhat , danh bai , poker online , casino , bao ve viet nam , bao ve viet nam , suc khoe , thoi trang nam 2014 , suc khoe 2014 , shop thoi trang , tin tuc thoi trang phim le , hi tech , tin cong nghe , cong nghe , thoi su , tin moi , thoi trang , the gioi smartphone , cong nghe , may tinh bang gia re , dien thoai , su kien , game mobile , nghe si viet , the gioi nhac , nha cai , dien dan bong da , best bookies, clevermart.vn , goldcare.vn , phonereview.vn , tinhangngay.vn , sieuthisachnoi.com , doctruyentranh.tv , kinhthongminh.org , thietbithongminh.tv , sieuthithietbiso.org ,