We must use time wisely and forever realise that the time is always ripe to do right.
Sewe entoesiastiese nuwe onderwysers en ’n onderwysstudent het aan die begin van die jaar by die personeel van die Hoërskool Brandwag aangesluit. Van links is Danell Bester (wiskunde en natuurwetenskap), Réze Opperman (rekeningkunde en ekonomiese bestuurswetenskap), Daniélle Skog (Engels), Gerrie Vorster (geografie en toerisme), Kaylin Kapp (onderwysstudent), Lise Siebert (verbruikerstudies) en Hayden Davis (geskiedenis). Bester en Davis is Brandwag-oudskoliere wat hulle aansluit by dertien ander oud-Brandwagters op die personeel. ’n Nuwe personeellid in die Engelsdepartement, Maryke van der Walt, sal later vanjaar die tuig opneem.
Volg die skakel om Brandwag se 2020-matriekblad te lees.
Volg die onderstaande skakel om die matriekblad af te laai.
Die Hoërskool Brandwag het vanjaar die skool se Dux-leerling op ’n heel ander manier aangekondig. Slegs die matrieks het in November ’n opelug-prysuitdeling teen skemer in die vierkant bygewoon. Tydens die aand is die graad 12- akademie top 10, die matrieks wat erekleure verwerf het en die toppresteerder aangewys. Daarna het die matrieks die geleentheid gekry om die skool via ’n erewag van ouers en onderwysers te verlaat — dié gebaar het vanjaar die gebruiklike laaste skooldag se afskeid vervang. Demi Jonck is as Brandwag se Dux-leerling aangewys. Sy het tydens die rekordeksamen ’n gemiddeld van 92% behaal. Demi was ook die 2020-onderhoofmeisie. Sy beplan om volgende jaar B. Com rekeningkunde by die Nelson Mandela Universiteit te studeer.
Moenie by die hemel gaan soek na die engele nie, soek by die engele na die hemel.
It’s fine to celebrate success but it is more important to heed the lessons of failure.