Brandwag staan uit as die top Afrikaanse hoërskool in sy omgewing met die 2015-matriekklas wat vir uitstaande uitslae gesorg het.
Altesaam 5 leerders het elk 7 A’s behaal en 13 het A-gemiddeldes. Die klas van 2015 het gesamentlik 156 A-vaksimbole behaal.
Met ’n slaagsyfer van 99,4% (162 uit 163) spog Brandwag ook met 74,7% van die 2015-matrieks wat toelating tot graadstudie verkry het en 24,7% toelating tot diplomastudie.
Op die foto is Brandwag se top 5 wat elk 7 A’s het: 1. Elrike Hugo – 89,4% (middel), 2. Clifford Bartman – 88% (2de van links), 3. Chanté Kennedy – 86,1% (2de van regs), 4. Cecil-John Hamman – 85,6% (heel links) en 5. Chantalle Smit – 85,4% (heel regs.)
Die ander kandidate wat ook A-gemiddeldes het, is 6. Kevin Higgs (6 A’s – 85%), 7. Caro Swanepoel (5 A’s – 84%), 8. Saskia Bubb (5 A’s – 81,8%), 9. Eldi van Wyk (4 A’s – 81,7%), 10. Suné Hayward (4 A’s – 81%), 11. Michelle Hattingh (5 A’s – 80,4%), 12. Stefan Janse van Vuuren (4 A’s – 80,1%) en 13. Maryke Terblanche (4 A’s – 80%).