Retief het koning gekraai by die 2018 interlaer-atletiekbyeenkoms. Die rooi span het sedert Donderdagmiddag al die meeste punte ingesamel en De Wet kon hulle net nie inhaal nie. Kruger was derde, maar het darem die geesbeker verower. ’n Hele vrag rekords het by die byeenkoms in die slag gebly, met veral van die nuwe gr.8-atlete wat hul staal gewys het.