Brandwag

  • is trots Afrikaans
  • is ´n akademiese hoërskool
  • bied ´n wye vakkeuse
  • is geleë in Uitenhage, Oos-Kaap
  • lewer jaarliks uitstekende matriekuitslae
  • blink uit op sport- en kultuurgebied
  • gee voorkeur aan akademie
  • beskik oor toegewyde personeel
  • is tradisievas
  • glo in Christelike waardes

All the time a person is a child he is both a child and learning to be a parent. After he becomes a parent he becomes predominantly a parent reliving childhood.

Benjamin Spock

Sewe entoesiastiese nuwe onderwysers en ’n onderwysstudent het aan die begin van die jaar by die personeel van die Hoërskool Brandwag aangesluit. Van links is Danell Bester (wiskunde en natuurwetenskap), Réze Opperman (rekeningkunde en ekonomiese bestuurswetenskap), Daniélle Skog (Engels), Gerrie Vorster (geografie en toerisme), Kaylin Kapp (onderwysstudent), Lise Siebert (verbruikerstudies) en Hayden Davis (geskiedenis). Bester en Davis is Brandwag-oudskoliere wat hulle aansluit by dertien ander oud-Brandwagters op die personeel. ’n Nuwe personeellid in die Engelsdepartement, Maryke van der Walt, sal later vanjaar die tuig opneem.


Volg die skakel om Brandwag se 2020-matriekblad te lees.

Volg die onderstaande skakel om die matriekblad af te laai.

https://1drv.ms/b/s!AtLjpkv95_QEj8kdB13tSlSOO_NJbQ


Die Hoërskool Brandwag het vanjaar die skool se Dux-leerling op ’n heel ander manier aangekondig. Slegs die matrieks het in November ’n opelug-prysuitdeling teen skemer in die vierkant bygewoon. Tydens die aand is die graad 12- akademie top 10, die matrieks wat erekleure verwerf het en die toppresteerder aangewys. Daarna het die matrieks die geleentheid gekry om die skool via ’n erewag van ouers en onderwysers te verlaat — dié gebaar het vanjaar die gebruiklike laaste skooldag se afskeid vervang. Demi Jonck is as Brandwag se Dux-leerling aangewys. Sy het tydens die rekordeksamen ’n gemiddeld van 92% behaal. Demi was ook die 2020-onderhoofmeisie. Sy beplan om volgende jaar B. Com rekeningkunde by die Nelson Mandela Universiteit te studeer. 

Op die foto is Demi Jonck met die Christo van Rensburg-beker wat jaarliks aan Brandwag se Dux-leerling oorhandig word. 


Ria Williams, ‘n lid van Brandwag se 2020-matriekklas, het in vanjaar se Senior Afrikaans Olimpiade die eerste plek in die Oos-Kaap en die tweede plek landswyd behaal. Sy het 86% vir die olimpiade behaal. Ria het ook vanjaar erekleure vir akademie behaal.


Brandwag se 2021-hoofleiers is, van links, onderhoofmeisie Rachel Manefeldt, hoofmeisie Minke Colling, hoofseun Zack de Villiers en onderhoofseun Corné Dawson.



Perfection is the child of time

Josheph Hall

Volg ons

facebook
sien meer foto's en nuus

ISSUU
foto's en dokumente

fm
luister saam

YouTube
kyk saam

Kalender
wat's volgende


Who does not thank for little will not thank for much.

Estonian Proverb



nha cai uy tin , nha cai uy tin , tap chi me va be , casino truc tuyen , casino uy tin , casino tot nhat , danh bai , poker online , casino , bao ve viet nam , bao ve viet nam , suc khoe , thoi trang nam 2014 , suc khoe 2014 , shop thoi trang , tin tuc thoi trang phim le , hi tech , tin cong nghe , cong nghe , thoi su , tin moi , thoi trang , the gioi smartphone , cong nghe , may tinh bang gia re , dien thoai , su kien , game mobile , nghe si viet , the gioi nhac , nha cai , dien dan bong da , best bookies, clevermart.vn , goldcare.vn , phonereview.vn , tinhangngay.vn , sieuthisachnoi.com , doctruyentranh.tv , kinhthongminh.org , thietbithongminh.tv , sieuthithietbiso.org ,