SLAAGVEREISTES volgens die CAPS-dokument, geldig vanaf Januarie 2014
Graad 8 & 9
Graad 8 en 9 leerders bied 9 vakke aan maar vir promosiedoeleindes word net 8 vakke in aanmerking geneem.
Om te slaag moet ‘n leerder aan die volgende vereistes voldoen:
Huistaal – kode 4
First Additional Language of nog ‘n huistaal – kode 3
Wiskunde – kode 3
Enige ander drie vakke (insluitend LO) – kode 3
Graad 10-12
LW: Vir promosiedoeleindes word al 7 VAKKE (Afrikaans, Engels, Wiskunde, LO en enige ander 3 vakke) in aanmerking geneem .
– Kode 3 in 3 vakke waarvan een ‘n eerste taal moet wees
– Kode 2 in 3 ander vakke
– Kode 1 in 1 vak vergesel van ‘n volledige portefeulje
– Met ander woorde: 3 kode 3’s (huistaal verpligtend) + 3 kode 2’s, + 1 kode 1 + volledige portefeulje = SLAAG.
Kodes:
1: 0-29
2: 30-39
3: 40-49
4: 50-59
5: 60-69
6: 70-79
7: 80-100