Skip to content
- Die Verenigde Christelike Studentevereniging (VCSV) is ’n baie belangrike organisasie by Brandwag, aangesien Brandwag ’n sterk Christelike karakter het.
- Lede vergader Dinsdagoggende tydens VCSV-periode in kringe gelei deur opgeleide kringleiers.
- Daar is ook byeenkomste wat die hele groep insluit, byvoorbeeld lofsang, gassprekers en gesamentlike kringe.
- Retha Landman is die VSCV-skakelonderwyser en word bygestaan deur verskeie ander personeellede.
- Die VCSV het ook ’n goed-toegeruste VCSV-band wat veral met lofsang help.
- Elke tweede pouse is ’n gebedsgroep in kamer 6 waarby enige iemand kan aansluit.
- Die VCSV hou elke kwartaal koffiekroeë wat saans aangebied word onder leiding van die VCSV-bestuur en dramagroep.
- Elke jaar hou Brandwag se VCSV-tak ook ’n takkamp.
- Kringleiers word aangestel na onderhoude en woon ’n kringleierskamp by vir opleiding.
- Brandwagters woon ook streek- en avontuurkampe by.
- Brandwag se VCSV hou elke kwartaal ’n Sondagaand-kerkdiens. Elke keer by ’n ander denominasie en gemeente.