Anika is sportvrou van die jaar

Tydens die Oos-Kaap Departement van sport, kultuur en rekreasie se provinsiale prysuitdeling het Brandwag geskitter met hul kragoptellers.

Die kragoptelspan is aangewys as die beste skolesportspan in die Oos-Kaap.

Anika Maree en Chanté Mulder is genomineer as sportvrou van die jaar.

Anika Maree het egter met die louere weggestap as Oos-Kaapse sportvrou van die jaar. Anika was ook genomineer as sportstêr van die jaar.

Brandwag is besonders trots op die skool se prestasie op alle vlakke.

Brandwag is die enigste skool wat op provinsiale prysuitdelings vereer is vir hul sport en akademiese prestasies in dieselfde jaar. Voorwaar iets om op trots te wees.

Scroll to Top