Atlete wen 31 medaljes by distriksbyeenkoms

Brandwagters het 31 medaljes by die Uitenhage-Despatch distriksbyeenkoms ingepalm. Die graad 8’s wat rekords by interlaer opgestel het, het elk medaljes in hul items verower. Morné van der Berg het, benewens 1500 meter, ook medaljes in 800 meter en 3000 meter gewen. Ook Jay-Dee Smit het, behalwe die 300 meter hekkies, ook medaljes gewen vir 90 meter hekkies en hoogspring. Nog graad 8’s, Joanique Spies (400 en 800 meter), Yana Scheffer (300 meter hekkies en 1500 meter) en Elisca Streicher (gewigstoot en diskus), het ook hulle name by die medaljewenners gevoeg.

Die ander medaljewenners was Jade Connoway (gewigstoot en spiesgooi), Nalize van Straaten (1500 en 3000 meter), Demi Jonck (spiesgooi), Chadd Adams (100 en 200 meter), Caryn-Ann Howard (hoogspring), Octavian Muller (verspring en 100 meter), Damian Koopman (verspring en driesprong) en De Wet Westraadt (stap).

By die metro-atletiekbyeenkoms is Heike Groenewald (gewigstoot en diskus), Eliska Streicher (gewigstoot) en Chadd Adams (100 meter) onder die top 20 atlete van die byeenkoms aangewys.  

Heike Groenewald, Chadd Adams en Eliska Streicher

 

Scroll to Top