Die kaptein van Brandwag se eerste netbalspan het netbalgeskiedenis te maak deur die eerste skolier in die land te word wat ‘n SA-gradering as skeidsregter verwerf het. Beane Weyers het vroeër vanjaar haar OP-gradering na OP “B” verbeter wat haar in staat gestel het om vir SA-gradering getoets te word. Sy het by ‘n nasionale netbaltoernooi by NMMU in Julie die toets ondergaan en ‘n SA “C”-gradering behaal.
Brandwagonderwyser en eerste spanafrigter Karen Schonken het ook by dié toernooi haar SA “C”-gradering na SA “B” verbeter.
Beane is Brandwag se derde SA-netbalskeidsregter aangesien nog ‘n onderwyser en afrigter Alida Duvenhage ‘n SA “A”-gradering het – die hoogste gradering wat in Suid-Afrika moontlik is.
Ses Brandwag netbalspelers het ook vanjaar OP-graderings as skeidsregters verwerf.
Op die foto is Beane in die middel. Alida Duvenhage is links en Karen Schonken regs van haar.
In die skoolsweetpakke is Brandwag se OP-skeidsregters. Van links is Zilcke van Zyl (OP “D”), Suné Hayward (OP “C”), Marelize Clasen (OP “C”), Lurica Pasquez (OP “C”), Danica Rudman (OP “D”) en Kayla-Lee MacGregor (OP “C”).