Brandwag het ‘n geskiedkundige 80-0 oorwinning oor Hoërskool Despatch op die rugbyveld behaal. Brandwag het 14 onbeantwoorde drieë ingeryg – sewe in die eerste helfte en sewe in die tweede helfte.
Sterk rukkerige wind het stelskopwerk bemoeilik en Brandwag het met slegs 5 verdoelskoppe geslaag, anders kon die telling nog erger gewees het.
Brandwag se Cravenweek-flank het, Morney Moos, het ‘n driekuns aangeteken. Vleuel Davian Swanepoel het met twee drieë onder die belt die bal onselfsugtig vir Bernardus Coetzee aangegee wat vir die laaste drie oorgeduik het.
Die ander puntemakers was kaptein Stefan Janse van Vuuren (2), Armand Ferreira (2), Frank Fourie (2), Derick du Toit en Erich de Jager.