Die Brandwag-familie verwelkom graag die Hoërskool Brandwag se nuwe skoolhoof vir 2025, mev. Riana Mostert.
Mev. Mostert het 29 jaar ondervinding in die onderwys en was die afgelope 8 jaar die skoolhoof van die Hoërskool De Vos Malan in Qonce (King Williams Town). Sy is egter oorspronklik van Kariega.
Mev. Mostert sê sy sien daarna uit om deel te word van ’n skool waar elke leerder, ouer en personeellid deel voel van die Brandwag-familie.
Welkom by die Band van Grys en Groen, mev. Mostert!
