Brandwag klop Framesby

Brandwag het ’n elf-punt agterstand omgekeer vir ’n 32-29 weg oorwinning oor Hoërskool Framesby.

Wedstryde teen dié twee skole verloop grootliks volgens tuisvoordeel en Brandwag moes behoorlik uithaal om Framesby op sy tuisveld te klop. Die spanne was kop aan kop totdat Framesby met sowat 15 minute oor 29-18 die voortou geneem het. Drieë deur Brandwag se kaptein Stefan Janse van Vuuren en Derick du Toit het vir die bordjies verhang.

Brandwag se ander drieë is deur Davian Swanepoel en Jack Thomas gedruk, terwyl Tiaan Louwrens, Wessel Strydom, Jurgens Viljoen en Wiehan Coetzer vir Framesby gedruk het. Die losskakels, Tiaan Stander vir Framesby en Shevaan Hendriks vir Brandwag, het elk ’n strafskop en drie verdoelskoppe aangeteken. Brandwag se heelagter Rivan Lemmer het die strafskop aangeteken wat die verskil op die telbord was.

IMG_8837

Scroll to Top