Brandwag-landloop presteer by aflos

BRANDWAG AFLOS

Die afgelope Woensdag het Die Brandwag sy landloopseisoen sommer op n hoë noot by die jaarlikse Framesby-aflosse afgeskop.

Ons seunspan het in n naelbytwedloop n kortkoppie agter die span van Grey geëindig . Met groot trots kan ook aangekondig word dat ons meisiespan hul titel as verdedigende kampioen suksesvol verdedig het!

Ons nooi alle belangstellende en voornemende landlopers uit om by LANDLOOP aan te sluit. Ons neem op Dinsdae aan die skoleliga deel wat by Strelitzia -dam aangebied word. Die OP liga skop op die 8ste Junie af . Landloop spog saam met atletiek met die grootste groep OP verteenwoordigers. Wie weet, dalk is jou naam volgende. Die seunspan het bestaan uit Riaaz Dennis, Rico Louw, Wiehan Maree en Janco Landman. (Janco was afwesig met die neem van die foto) Die meisiespanlede was Candice Deysel, Lianie Bakkes, Chani Koen en Desney O Grady.

Scroll to Top